JOU DAG

Die sterre bevoordeel dit om praktiese dinge, soos kook, tuinmaak, handwerk en selfdoenprojekte te geniet.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is passievol en volhardend, en beskik oor vele talente. Oor die volgende 12 maande moedig die planete jou aan om meer tyd in die geselskap van familie en nabye vriende deur te bring.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is tyd om, onder die invloed van Venus en Saturnus, jou vurige fisieke energie onder bedwang te bring, jou gedagtes te fokus en dinge gedoen te kry. As jy jou daarop toespits, Ram, sal jy onstuitbaar wees!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Geniet vandag die klein dingetjies van die lewe, Bul. Dinge, soos goeie kos en wyn, vars blomme, selfkoestering, inspirerende musiek en vrolike geselskap. Sluit ’n spesiale geliefde by jou planne in.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die uitspansel fokus vandag behoorlik op werk en skoolsake, Tweeling. Dit is ook tyd vir ’n bietjie ernstige pret terwyl jy met werkskollegas of medestudente stories uitruil en ervarings deel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Doen jou bes om vandag ’n spesiale geliefde op praktiese maniere te koester. Miskien kan jy met inkopies, takies, kosmaak of huiswerk help? Of hom/haar selfs net ’n heerlike skouermassering gee?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om by die Leeu-vrygees in jou binneste in te skakel terwyl jy ’n hond uit ’n bos koop, by ’n uitstekende restaurant eet of ’n koesterende massering geniet. Maar probeer om dit te doen sonder om jou weeklikse begroting te verkwis.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die Son en Mercurius beweeg deur jou teken. Duidelike, versigtige en logiese kommunikasie sal dus help om verhoudings met ander mense te verbeter, terwyl jy jou boodskap hard en duidelik oordra.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Positiewe Venus/Saturnus-aspekte moedig ambisieuse planne aan, en jy wil graag ander mense beïndruk. Maar moenie meer belowe as wat jy met gemak kan lewer nie. Hanteer ’n geliefde versigtig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Venus en Saturnus wat jou kommunikasiesone aktiveer, is dit tyd om te meng en in te skakel, te gesels, te sosialiseer en te adverteer. Dis is ook ’n goeie idee om jou profiel op die sosiale media by te bring.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Raak jy ongeduldig met iemand se tekort aan inisiatief en entoesiasme? Vandag is nie die dag om mense se knoppies te druk nie. Wees liewers prakties en omring jou met mense wat op positiewe oplossings konsentreer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Groepsaktiwiteite word vandag bevoordeel, terwyl jy talente kombineer vir positiewe resultate. Dit is ook ’n puik dag om aan die verbetering van ’n intieme verhouding te werk. Konstante intieme kontak is die sleutel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Hoe meer proaktief en samewerkend jy by werk is, hoe beter sal jy voel. ’n Positiewe houding is soos ’n vars briesie, terwyl jy praktiese langtermynoplossings vir huidige probleme soek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

’n Vriend of werkskollega kan jou vandag nader vir emosionele gerusstelling en praktiese ondersteuning, Vis. Jy is in die bui om te luister, terwyl jy verstandige, deernisvolle raad aanbied.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.