JOU DAG

Gelukkige Valentynsdag, aangesien ons liefde in alle vorme vier.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n pittige en vermaaklike mens. Oor die komende jaar moet jy daarna streef om die balans tussen jou eie behoeftes en ander mense se wense reg te kry.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Voel jy dapper? Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die Chinese filosoof Lao Tzu: “As iemand jou werklik liefhet, gee dit jou krag, terwyl om iemand anders opreg lief te hê, jou moed gee.”

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dit is tyd om intieme verhoudings ’n primêre prioriteit in jou lewe te maak. Jou mantra vir Valentynsdag kom van die skrywer George Sand: “Daar is net een soort geluk in die lewe en dit is om lief te hê en liefde te ontvang.”

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Moenie jou maat of potensiële maat as vanselfsprekend aanvaar nie. “Liefde lê nie net daar soos ’n klip nie. Dit moet berei word soos brood, en elke keer weer van nuuts af berei word.” – Ursula Le Guin

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Tans is jou liefdeslewe ’n ernstige saak. Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die skrywer William Barclay: “Liefde sluit altyd verantwoordelikheid in, en ook altyd opofferings.”

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Valentynsdag is die regte tyd om te herkou aan die feit dat liefde werklik die wêreld aan die draai hou. Enkellopendes, vonke gaan spat saam met iemand wat kreatief en spontaan is.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy gaan ’n wonderlike dag hê, solank jy nie verwag dat alles 100% perfek gaan verloop nie. Jou Valentynsdag-aanhaling kom van Taylor Swift: “Liefde se volmaaktheid lê in die feit dat dit nie heeltemal volmaak is nie.”

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Fokus jou aandag op jou geliefde terwyl jy hulle dié Valentynsdag koninklik behandel. Enkellopend? ’n Familielid kan moontlik jou sielsgenoot aan jou voorstel.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Gelukkige Valentynsdag. Jy voel romanties terwyl jy vrygewig is met aandag en geld aan jou maat, jou hart op jou mou dra of ’n geheime fantasie met jou geliefde deel.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Wat jou liefdeslewe betref moet jy jou spontaniteit en sprankel aan die gang hou. Soos die aktrise Loretta Young gesê het: “Liefde is nie iets wat jy raakloop nie. Dit loop jou raak.”

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Met die liefdesplaneet Venus wat deur jou teken spring, is dit die ideale dag om jou wimpers te flikker of jou spiere te bult en te vra wat jy wil hê. Dan kan jy terugsit en die vrugte pluk.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB. 

Romanse is in die lug, maar die energie is agter die skerms, wat dui op ’n privaat, magiese Valentynsdag. Enkellopendes, ongelooflike tekens en ’n onverwagte sameloop van omstandighede kan jou na jou sielsgenoot lei.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Venus is in jou aspirasiesone; dus moet jy ’n droom kry wat julle saam kan deel. “Liefde bestaan nie net daaruit om na mekaar te staar nie, maar om saam in dieselfde rigting na buite te kyk.” – Antoine de Saint-Exupéry

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.