JOU DAG

Hoe produktiewer jy bly, hoe beter sal die dag raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n aanpasbare persoon en moet baie tyd op jou eie deurbring. Oor die volgende 12 maande moet jy daarna strewe om minder gemengde gevoelens te koester en avontuurliker te raak.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Verstandige Saturnus stabiliseer vandag jou vurige en impulsiewe geaardheid. Hoe meer jy jou energie kanaliseer na produktiewe projekte – met goeie beplanning – hoe meer bevredigend sal die dag raak.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Bulle in verhoudings – wys jou maat hoeveel jy omgee deur ’n praktiese en bedagsame gebaar. Enkellopendes – jy kan dalk liefde vind deur ’n kollega of ’n getroude vriend wat jou aan iemand voorstel.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

As jy growwe aannames maak oor mense – veral in intieme verhoudings – gaan jy in die warm water beland. Probeer om van ekstra energie ontslae te raak deur sport of lewendige buitemuurse aktiwiteite.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Hoe meer positief, proaktief en waarderend jy is, hoe beter sal die dag raak. Jou huidige motto kom dus van die digter William Blake. “Die dankbare ontvanger se oes is oorvloedig.”

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Wat jy vandag doen en sê, gaan deeglik ontleed word deur ander, wat jou perfek pas. Jy gee nie om as ander handeklap of kritiseer nie – solank jy raakgesien word, is jy gelukkig! 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Die druk bou vandag op en dit kan dalk voel asof dinge die oorhand kry. Die groot les om te leer is hoe om te delegeer. Niemand – self nie eers ’n super effektiewe Maagd - is onvervangbaar nie.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Jy is vandag in ’n super vrygewige bui, maar moenie meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie. Praat is goedkoop. Maak seker dat jy dinge enduit kan deurvoer en daad by woord voeg.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Ernstige Saturnus help vandag om jou gedagtes bymekaar te hou, Skerpioen. Dit is dus ’n paslike tyd om ’n storm los te studeer of om deur papierwerk wat jy bly uitstel, te beur. Smee terwyl die yster nog gloei!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Venus moedig jou aan om meer van jou tyd tot ’n goeie doel binne jou plaaslike gemeenskap by te dra. Sake en finansies word bevoordeel, solank jy proaktief en prakties bly.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Vermy dit om vandag vinnige gevolgtrekkings te maak, Steenbok. Bly geduldig en verstandig. As jy beslissend is en dubbel nagaan voor jy tot aksie oorgaan, sal jy sukses behaal.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wat ’n ingewikkelde groepsituasie betref, moet jy jou tyd afwag, Waterdraer. Praat min en doen observeer baie. En deurdink dinge dan deeglik voordat jy jouself op langtermyn bind.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Baie Visse is uitstellers. Wat ’n huidige geleentheid betref, moet jy nie te lank talm nie. ’n Verandering kan verbasend goed uitdraai, maar trap versigtig met ’n gestresde kollega.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.