JOU DAG

Verwag ’n besige en onvoorspelbare dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n doelgerigte mens met baie energie. Maar jy kan ook roekeloos en uitspattig raak. Oor die komende jaar moet jy meer tyd aan die ontwikkeling van jou geestelike sy bestee.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Bly op jou tone aangesien die dag op ’n taamlik deurmekaar manier ontwikkel. As jy buigsaam bly en by veranderende omstandighede aanpas, sal jy die ontwrigting en drama kan hanteer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Verhoudings gaan vandag al jou tyd in beslag neem aangesien kollegas of geliefdes jou optrede as effens selfsugtig beskou. As jy slim is, sal jy kompromie bo konfrontasie kies.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hou vandag jou energie dop, veral by die werk. Iemand kan dalk jou planne vir die toekoms bevraagteken. Dit is tyd om jouself af te vra: “Het ek groot drome, maar geen praktiese plan in plek nie?”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan vandag ’n interessante rit verwag aangesien jou emosies wissel. Maar verwar ’n maat, vriend of kollega jou deur verskillende boodskappe na jou te stuur? Moenie te kwaai wees met hulle nie; hulle het heelwat op hul vurk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg agteruit deur jou teken. Jy is gretig om deur ou idees te gaan of om weer met ’n vorige projek te begin. Maak seker jy kommunikeer duidelik, anders gaan misverstande voorkom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Kry vandag die selfvertroue om uit jou binneste te praat en te sê wat werklik op jou hart lê. Ander mense sal dalk nie saamstem met jou opmerkings nie, maar hulle sal jou openhartigheid en eerlikheid waardeer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy onverwags die eerste ding wat by jou opkom uitblaker, sal kommunikasie met ander ingewikkeld en deurmekaar raak. Sit ’n wag voor jou mond en wag jou tyd af.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy graag ’n wonderlike dag wil hê, moet jy mooi en versigtig dink voor jy iets sê wat jy later gaan berou. Jy is in die bui om die verhoudingsbootjie te skommel, maar is dit ’n slim ding om te doen?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die dag sal die beste werk as jy mense en situasies van agter die skerms op ’n stil en verstandige manier dophou. Dan kan jy dinge versigtig deurdink voor jy reageer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mars, wat in jou teken is, en Mercurius is steeds albei in trurat. Onderdruk dus die neiging om te veel te praat en te vinnig te reageer. As jy iets te vinnig sê of doen, kan jy dit dalk later berou.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is jy geïrriteer omdat jy so baie werk agter die skerms doen en dit nie lyk asof enigiemand dit agterkom nie? Moenie bekommerd wees nie. Jou pogings sal later erken en gewaardeer word.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy finansieel vooruitgang wil maak, moet jy daarna mik om ’n kreatiewe benadering met ’n praktiese strategie te kombineer. Maar ’n gesprek kan vandag verwarrend raak; staan dus terug en bekyk dinge van die kantlyn.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.