JOU DAG

Mars en Jupiter is haaks, so jy kan vandag ontwrigting verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het wonderlike idees, maar kan soms tekortkominge ervaar wanneer dit by die uitvoering kom. Die volgende 12 maande is die tyd om meer gedissiplineerd te raak, terwyl jy jou planne in die praktyk omskakel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme kan soms vuurvreters wees, en die Mars-Uranus-reghoek kan jou selfs impulsiewer en ongeduldiger maak as gewoonlik. Pas dus daarby aan, aangesien jy waarskynlik onstuimig en ietwat hardkoppig gaan voel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Haai, Bul – het jy die dag presies beplan? Wel, wees reg vir ’n paar ontwrigtende verrassings! Dinge gaan beslis nie glad verloop nie, so hou vas aan wat jy het en verwag ’n stamperige rit.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Haastige woorde gaan jou vandag in die pekel laat beland, Tweeling. So dink mooi voor jy aanvegbare dinge sê wat jy later berou. Jy mag dalk vind dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vriendskappe of groepsaktiwiteite lyk taamlik deurmekaar vandag. Moenie ander mense se weergawes van gebeure aanvaar nie. Doen die moeite om dinge deeglik na te gaan voor jy ’n belangrike besluit neem.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die huis en die werk lyk vandag onvoorspelbaar, Leeu. ’n Geliefde kan jou onkant vang deur ’n verrassende voorstel te maak. Of ’n kollega, kliënt of klant kan jou tref met ’n goëlbal.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mars en Uranus is daarop ingestel om jou dag se ritme te versteur. Verhoudings met ’n kollega of viervoetige vriend gaan waarskynlik ook verwarrend wees. So klou styf vas en verwag die onverwagte!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag gretig om iets nuuts te leer, maar moenie onbekookte gevolgtrekkings maak nie. Veral wat geldsake betref. Deurdink liewer eers dinge voor jy ’n groot skuif maak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Daar kan effens te veel wrywing voorkom by die Skerpioen-tuiste, aangesien Mars en Uranus probleme in jou tuistesone aanroer. ’n Dubbele dosis diplomasie sal jou heel goed deur die dag kry.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in die bui om vandag te geniet, aangesien jy amper alles oordoen. Insluitend praat, eet, sosialiseer en geld blaas. Pasop dat jou aandag nie afgelei word as jy bestuur nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As iemand jou nader met ’n geldelike aanbod wat te goed lyk om waar te wees, moet jy in die teenoorgestelde rigting begin hardloop! As jy dit nie doen nie, kan jy dalk oorreed word om ’n verkeerde besluit te neem.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Uranus en Mars krap jou rustelose sy om. Jy sal lus voel om mense, plekke, gedrag of sienings wat hul doel gedien het, af te skryf. Maar wees versigtig om nie die baba saam met die badwater uit te gooi nie!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is jy realisties? Om groot, pragtige drome te droom is wonderlik, maar daar breek ’n oomblik aan wanneer jy hulle in die praktyk moet omskakel. Jy is ook geneig tot uitspattigheid, aangesien jy te veel geld uitgee en te veel uitbrei.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.