JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel kommunikasie oor ernstige onderwerpe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is eerlik en selfbewus. April en Mei is die beste maande om met ’n nuwe romanse te begin, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme kan baie selfbehep wees. Maar jy sal sien dat hoe meer jy oor die behoeftes van diegene om jou dink, hoe beter raak die dag. Kreatiewe gesamentlike ondernemings en lewendige gesprekke word begunstig.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Met Mars wat deur jou teken beweeg – tot 31 Maart – is Bulle in die bui om meer kreatief en proaktief te raak. Dit is dus tyd om jou oulike agterstewe te lig en dinge te laat gebeur!

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Pak vandag ’n alledaagse professionele aangeleentheid met ’n glimlag aan, en storm haastig deur noodsaaklike take. Dan sal jy meer tyd hê om ’n kreatiewe projek na te jaag wat  vir jou lê en wag.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die fokus val op familie en vriende, terwyl jy hulle vertroetel en naby jou hou. Jy sal sien dat gemeenskaplike belange noodsaaklik is vir langtermyn- platoniese verhoudings. Opvoeding en reis word ook beklemtoon.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jou motto vir die dag kom van die beroemde skrywer, Anaïs Nin, wat ook vandag verjaar. “Gooi jou drome die lug in soos ’n vlieër en jy kan nooit weet wat dit terugbring nie. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe vriend, ’n nuwe liefde, ’n nuwe land.”

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jupiter, die positiwiteitsplaneet, help jou om jou intieme verhoudings te verbeter. Die fokus val dus vandag vierkant op die huis en die gesin, terwyl jy ’n huishoudelike probleem oplos of dinge met ’n geliefde uitpraat.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Benut jy jou briljante Weegskaal-brein ten volle? Met Jupiter wat deur jou ideesone spring, moet jy jou gedagtes uitbrei sodat dit skeppende idees en kreatiewe nuwe konsepte kan insluit.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Wat ’n finansiële aangeleentheid of werkkwessie betref, is dit tyd om ou gelowe en antieke houdings te laat vaar. Dan kan jy met hernude selfvertroue en ’n bygewerkte perspektief na die toekoms kyk.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy kan vandag oomblikke van inspirasie verwag terwyl jou verbeelding inskop. Maar wisselende emosies gaan jou gedagtegang beïnvloed. Dink dus mooi voordat jy dinge sê wat jou later berou – veral tuis.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Of Saturnus nou stadig deur jou teken drentel of nie, jy moenie oormatig versigtig raak nie, Steenbok! Dit is tyd om jou nuuskierigheid uit te brei en iets nuuts aan te leer. Persoonlike projekte word ook bevoordeel.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB. 

Die planete help jou om jou verhouding met vriende en kollegas te verbeter. As jy kritiek met loftuitinge vervang, en kompetisie met aanmoediging, sal die dag verbasend glad verloop.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Strewe vandag daarna om die balans tussen hart en verstand reg te kry, Vis, terwyl jy ’n belangrike besluit neem. As jy intellek met intuïsie kombineer, sal jy die besluit neem wat perfek is vir jou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.