JOU DAG

Moenie vandag te gou reageer nie. Deurdink alles goed voor jy optree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Omdat jou verjaardag op die sterretekens se dag van flukse akkuraatheid val het jy ’n sterk perfeksionistiese streep. In die komende jaar moet jy openliker en meer vrygewig raak teenoor familie en vriende.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verbonde Ramme, kry genotvolle maniere waarop jy en jou maat saam iets nuuts kan skep. Enkellopendes, soek liefde by iemand wat slim, sexy en emosioneel stabiel is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hardkoppigheid teenoor ander mense gaan jou vandag nêrens bring nie. Hoe meer jy geliefdes steun en koester, hoe meer bevredigend sal jou intieme verhoudings raak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die sterre moedig jou aan om prettige maniere te soek om jou vrye tyd te benut. Dink groot. Dalk sal ’n avontuurlike stokperdjie of ’n ongewone, kreatiewe projek jou ingebore weetgierigheid bevredig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vergange se probleme of ’n troebel verhouding kan vandag opduik. Moenie ander mense te gou oordeel nie. Bekyk kwessies uit hul oogpunt terwyl jy ’n paar kilometers in hul skoene stap.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kreatiwiteit en harde werk is ’n klassieke kombinasie, terwyl jy met ’n opwindende projek vooruitgang maak. Langtermynsukses hang van ander mense, veral gesinslede, se bydraes af.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

As jy ’n lastige probleem het, gaan vra raad by ’n diskrete vriend of gesinslid; iemand wat vertrou kan word om jou geheime behoorlik te bewaar.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Groepaktiwiteite lyk gunstig. Jy span jou kragte met ander mense saam om ’n praktiese resultaat te verkry. ’n Nuwe vriendskap kan uit gedeelde belangstellings en eenderse drome voortspruit.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die welvarendheidsplaneet, Jupiter, besoek jou teken; hou dus jou oë en ore oop vir gelukkige geleenthede. Wees enige tyd ná Maandag gereed om toe te slaan,  dan beweeg Mars weer vorentoe.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mars beweeg tot 27 Augustus agteruit deur jou geldsone. Wees geduldig. Moet ook nie voor volgende week belangrike kontrakte teken, groot besluite rakende geld neem of duur artikels koop nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Sommige Steenbokke het ’n tekort aan selfvertroue aangesien Saturnus sien jy twyfel aan jou beginsels en standpunte. Gebruik dit as ’n geleentheid vir ’n bietjie selfondersoek en diepe besinning.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Waterdraers voel ietwat temperamenteel. Vandag se sterre roer jou rustelose, roekelose en rebelse sy aan, veral tuis. Hoe meer jy gesinslede die harnas injaag, hoe moeiliker gaan die dag raak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die diplomatiese Venus moedig jou aan om vredemaker te speel. Doen jou bes om geliefdes weg te lei van diep, aanvegbare en sensitiewe onderwerpe soos seks en geld. En moenie kant kies nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.