JOU DAG

Mercurius beweeg tot in die Waterdraerteken wat progressiewe projekte en humanitêre idees bevoordeel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor ’n magnetiese eienskap wat ander aantrek. 2019 is die jaar om eendersdenkende mense te soek saam met wie jy aan ’n gesamentlike onderneming kan werk.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mercurius wat tot in jou netwerksone beweeg, moet jy jou portuurgroep uitbrei om ’n innoverende en kreatiewe nuwe groep in te sluit. Gebruik ook jou intuïsie om ’n moeilike probleem met ’n vriend op te los.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg tot in jou beroepsone. Mik dus daarna om meer nuuskierig, kreatief, spraaksaam en geesdriftig by die werk te wees. As jy spoed verminder, stagneer of uitstel, gaan jy agterbly.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius skuif tot in jou avontuursone. Dit is dus ’n wonderlike tyd om iets nuuts te bestudeer. Of om ’n reis te beplan na ’n bestemming wat jou nog altyd geprikkel het, hetsy plaaslik of internasionaal.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre beklemtoon bestendige gesprekvoering en kreatiewe kommunikasie, terwyl jy die geselskap van familie en vriende geniet. Doen ook jou bes om begrip te hê vir ’n probleem waarmee ’n geliefde worstel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Alles draai nie op die oomblik om jou nie. Mercurius beweeg tot 10 Februarie deur jou verhoudingsone. Hoe meer jy dus op die behoeftes van geliefdes fokus, hoe gelukkiger sal almal voel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius verbind met die son binne jou welsynsone; dus moet jy gesond eet en oefen. Maak ook seker dat jy bybly met mediese en tandarts-ondersoeke. Dan kan jy ontspan en die lewe geniet.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit is tyd om lekker aktiwiteite saam met ’n geliefde, kind of intieme vriend te doen. Of dit nou ’n fliek, konsert, heerlike ete of stimulerende gesprek is, maak dit ’n prioriteit om saam ’n bietjie pret te hê.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Oos, wes, tuis bes! Familiesake en huishoudelike projekte word bevoordeel aangesien Mercurius deur jou tuistesone beweeg. Doen dus jou bes om die kommunikasiekanale wawyd oop te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sosiale Boogskutters is dol oor klets! Mercurius beweeg tot in jou kommunikasiesone, dus is jy gretig om jou idees uit te druk en volop stimulerende gesprekke met interessante mense te geniet.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Daar is ’n neiging om te veel geld uit te gee aangesien jou wenslys op die oomblik heelwat groter as jou bankbalans is. Mercurius moedig jou aan om meer geletterd te raak wat geldsake betref. Onthou, kennis is mag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Mercurius, die kommunikasieplaneet, betree vandag jou teken. Jy is dus gretig om te gesels en te sê wat jy op die hart dra. Maar weerstaan die versoeking om opsetlik dwarskoppig te wees en van ander te verskil.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

’n Doelwit of aspirasie is opsygeskuif, maar dis goed so. Dit gee jou ekstra tyd om daaraan te herkou en jou planne te herkalibreer. As jy steeds twyfel, moet jy ekstra leiding en inspirasie in jou binneste soek.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.