JOU DAG

Daar sal vandag frustrasies wees, so probeer jou bes om geduldig te bly.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n intuïtiewe en verantwoordelike mens. 2020 is die jaar om meer aktief betrokke te raak by eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Neem dit ’n ewigheid voordat jou drome bewaarheid word? Blameer jy jou omstandighede – of ander mense – vir die vertragings? Kyk lank en goed na jouself, Ram. Is jy self nie dalk die hoofsaboteur nie?

BUL, 21 APR.-21 MEI

Om ’n werkprojek af te jaag klink na ’n goeie idee, maar dit sal net moeilikheid veroorsaak in die toekoms. Met Saturnus wat stadig deur jou beroepsone beweeg, moet jy jou tyd neem om goed aandag te gee aan besonderhede.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Werp ’n helder kollig op jou persoonlike doelwitte vir die toekoms. Jou motto kom van die beroemde singende diva, Diana Ross, wat ook vandag verjaar. “Jy het mentors nodig, maar op die ou end hoef jy net in jouself te glo.”

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Geldsake kan ernstig raak, aangesien jy getref word deur ekstra rekeninge of stygende koste. Dit is noodsaaklik dat jy ’n streng begroting het en daarby hou, veral as jy in ’n finansiële vennootskap is.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Wat ’n intieme verhouding betref, wil jy graag dinge aanstoot, terwyl hy/sy dinge rustiger wil neem. Jy sal dus ekstra geduldig en versigtig moet wees, Kat.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Die klein dingetjies van die daaglikse lewe kan jou vandag laat stres. Probeer dus om te ontspan en dinge in perspektief te hou. As jy jou bekommer oor die klein dingetjies, sal jy teen die einde van die dag eenvoudig net afgemat voel.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

As jy vandag projekte afjaag, sal jy hulle lateraan net moet oordoen. Wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref, moet jy jou tyd neem om dieper te kyk, ten einde te sien wat werklik aan die gang is.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die lewe is op die oomblik woes vir baie Skerpioene, maar moenie dinge ingewikkeld maak deur afhanklik te raak van ander mense se raad nie. Om raad te vra is goed, maar jy is die een wat die finale besluit moet neem.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Neem jou tyd as jy met ander mense kommunikeer, of dit nou persoonlik is of via die sosiale media. As jy iets sê of ’n boodskap stuur wanneer jy gejaagd voel, kan dit tot probleme lei.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

As jy te krities teenoor andere is, sal jy net ’n klomp onnodige angs veroorsaak. Probeer eerder jou energie kanaliseer na studies, die ordening van papierwerk of ander gedissiplineerde breinwerk.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Vandag se frustrasies en vertragings kan eintlik in jou guns tel. Moet dus nie tyd mors deur jou te bekommer oor sê-nou-net--dinge nie! Benut die vrye tyd deur jou benadering te hersien, jou houding na te gaan en jou planne te herevalueer.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Het jy die balans reg tussen jou professionele en persoonlike lewens, Vis? Dit is tans noodsaaklik dat albei terreine reg werk as jy werklik goed wil voel oor jouself.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.