JOU DAG

Trap versigtig, want dinge sal vandag besig en stresvol raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2020 gaan Saturnus jou help om met ekstra geduld en vasberadenheid deur uitdagende projekte te beur. Jy sal sien dat daar geen plaasvervanger is vir harde werk nie.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie jouself beperk nie! Jou motto vir die dag kom van die beroemde aktrise Elizabeth Taylor, wat ook vandag verjaar. “Ek voel baie avontuurlik. Daar is so baie deure om oop te maak, en ek is nie bang om by hulle in te kyk nie.”

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Entoesiasme loop vandag hoog, en jy raak passievol ongeduldig oor ’n professionele aangeleentheid of ’n opwindende persoonlike projek. Moet egter nie vinnige gevolgtrekkings maak en dan verkeerde inligting oordra nie.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jupiter, die reisplaneet, besoek jou avontuursone, so jou motto kom van die skrywer Mark Twain. “Seil weg uit die veilige hawe. Vang die passaatwinde in jou seile. Verken, Droom. Ontdek.”

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Dit is tyd om proaktief te raak en die daad by die woord te voeg. Volg jou blink idees op met volop produktiewe aksie. Wees ook ekstra geduldig en deernisvol teenoor ’n gestresde kollega of geliefde.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Probeer om nie vandag ’n hardkoppige, buierige of krapperige Kreef te wees nie. Jy sien dalk nie die volle prentjie nie, so moenie aanneem jy het al die inligting tot jou beskikking nie. Strewe daarna om heelwat meer buigbaar te wees.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy gaan vandag verveeld en rusteloos voel. Wend dus jou vurige energie positief aan en begin met ’n groot projek. Maar onthou dat Mercurius besig is om te retireer, so jy sal ekstra geduldig moet wees.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Is jy onseker oor watter paadjie om in die toekoms te volg? Skenk noukeurig aandag aan jou nagtelike drome. Hulle is vol kreatiewe simbole wat jou in die regte rigting sal lei.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy is vandag vrygewig met jou tyd, staan ander mense by en doen oral goeie dade. Maar ’n geliefde kan jou verras deur ’n kritiese opmerking te maak of ’n eienaardige besluit te neem.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Iemand kan jou ontstel deur jou gewone daaglikse roetine om te krap. Moenie stres nie. Buigbaarheid en pretmaak is tans noodsaaklik sodat jy jou werk kan geniet en ’n gelukkige huislewe kan hê.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Verwag die onverwagte – tuis of by die werk! Moenie jouself te hard druk nie en moenie ’n sensitiewe geliefde gespanne maak nie. Strewe daarna om ’n verstandige kop op jou Boogskutter-skouers te hou.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Verhoudings met ’n familielid of intieme vriend sal vandag lewendig wees – en ietwat frustrerend. Wat ’n opwindende nuwe stokperdjie of kreatiewe projek betref, moet jy avontuurlik wees en jou opsies wyd oop hou.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Mercurius beweeg tot 10 Maart agteruit deur jou geldsone. Moet dus nie oor die volgende paar weke impulsiewe besluite ten opsigte van geldsake maak nie! Gebruik jou tyd om dinge te deurdink.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.