JOU DAG

Passie en kreatiwiteit is vandag volop, maar probeer om nie oorhaastig te wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die talent om jouself en ander mense se lewe te reël. Desember en Februarie is wonderlike maande vir liefde, romanse en intieme verhoudings.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag se vurige sterremengsel kan ’n resep vir moeilikheid wees. Veral as jy toelaat dat jou impulsiewe sy die oorhand kry. Kalmeer en koel af voor jy jou selfbeheersing verloor.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Maak seker jy neem jou tyd as jy vandag met skoonfamilie, opvoedingsake, reisbesonderhede of internasionale kontakte te doen kry. Moenie aan die versoeking toegee om ongewoon haastige gevolgtrekkings te maak nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Persoonlike kommunikasie met ander, in ’n groepsituasie en deur die sosiale media, lyk vandag gunstig. Moenie ’n delikate situasie met ’n kind, tiener, geliefde, vriend of kennis deurmekaarkrap nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Weerstaan die drang om ’n ontwrigtende invloed tuis of by die werk te hê. Probeer eerder om vriendelik en samewerkend te wees. Die dinge wat jy sê het ’n beduidende invloed op ander; kies jou woorde wys.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy sê presies wat jy dink, kan jy op die ou end ander mense onbedoeld aanstoot gee. Dink vandag mooi voor jy praat. As jy twyfel, hou jou mond en sê eerder so min moontlik.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Koester verhoudings met mense wat jou verwagtings en drome vir die toekoms aanmoedig. Geldsake is wisselvallig; moenie nou belangrike besluite oor finansiële sake neem nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Probleme sal waarskynlik vandag opduik, tensy jy super aanpasbaar kan wees en kalm bly. ’n Intieme vriend of gesinslid is liggeraak en ongedurig. Moenie negatiewe kommentaar persoonlik opneem nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Sterk gevoelens kan vandag weer te voorskyn kom aangesien ander mense jou emosionele knoppies druk en jy oorreageer. Koel af, anders kan jy dalk ’n nietigheid in ’n reuse-obsessie verander.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Vandag se sterre moedig impulsiewe aankope en die neem van oorhaastige besluite ten opsigte van geld aan. Voor jy enigiets koop, stop en dink of jy dit regtig nodig het. As die antwoord nee is, stap vinnig weg.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy voel vandag rusteloos en kommunikasie kan chaoties raak. Boonop sal jy iemand se ware bedoelings verkeerd verstaan. Moenie belangrike besluite neem voor jy heelwat rustiger geraak het nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Duidelike, slim en weldeurdagte kommunikasie sal jou vandag ver bring wat persoonlike verhoudings en aanlyn boodskappe betref. Moenie ’n oorhaastige boodskap in die sosiale media plaas wat jy later sal berou nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer passie en fokus jy in jou verwagtings en doelwitte vir die toekoms stoot, hoe meer waarskynlik sal jou drome verwesenlik word. Dit sal heelwat tyd en geduld verg voor dit eindelik vrugte afwerp.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.