JOU DAG

Saturnus en Neptunus verbind met mekaar en dit is voordelig vir die balans van jou materiële en spirituele behoeftes.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n sensitiewe mens. 2019 is die jaar om te leer om jouself meer lief te hê en te bewonder sonder om vir ander se goedkeuring te wag.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal vandag die geleentheid kry om ander te lei en te beïnvloed. Moet dit nie verkwis nie. Ander sien na jou op vir ’n paar woorde van wysheid; kom dus aan die gang en moet hulle nie teleurstel nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is gretig om vandag kontak te maak met ander aangesien Neptunus en Saturnus jou netwerksone beklemtoon. Dit is ’n goeie tyd om groot drome te droom en langtermynplanne te beraam.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy sal die grootste bevrediging ervaar as jy jou kennis en drome met ander deel – of jy nou op skool is, ’n werk het of liefdadigheidswerk doen. Groepsamewerking is die sleutel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding sal verbeter en ’n goeie kans hê om lank te hou. Soek die beste in die ander mens en werk hard aan jou kommunikasievaardighede.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die lewe sal glad verloop as jy ’n daaglikse ritueel by jou normale roetine inwerk; iets soos joga, tai chi, meditasie, kreatiewe visualisering of deur ’n dagboek te hou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Intieme vennootskappe sal die beste werk as jy jou verantwoordelikhede ten opsigte van ’n verhouding met ’n glimlag aanvaar. Hoe meer jy ander mense tot diens is, hoe meer sal jou kontakte verdiep en groei.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Saturnus en Neptunus oefen druk op jou uit om jou toekoms te beplan. Of jy nou ’n huis wil bou of jou gesin uitbrei of afskaal; jy moet begin met ’n droom en dan hard werk om dit te verwesenlik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dit is tyd om uit te reik en mense in jou familie, vriendekring en buurt te help. Die gemeenskapskontakte wat jy nou kweek, sal in die toekoms tot jou voordeel strek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Neptunus en Saturnus moedig jou aan om die balans tussen idealisme en realisme in jou lewe reg te kry. Oorweeg watter tasbare stappe jy kan doen om jou wêreld te verbeter.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Heelwat bevrediging word geput uit bydraes tot goeie sake, maar maak seker jy begin op jou eie werf. Jy kan ’n verskil maak as jy universeel dink en jou planne plaaslik uitvoer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vermy kitsoplossings rakende ’n frustrerende probleem. Jy sal net sukses bereik as jy intuïtief bly en al die nodige navorsing doen. Bekyk die feite wat onder die oppervlak versteek is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se Neptunus/Saturnus-verbinding is uitstekend om ’n inspirerende droom in ’n rotsvaste werklikheid te verander. Drome word vermors as jy dit nie in produktiewe projekte omskep nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.