JOU DAG

Energie en selfvertroue in vandag skaars; pas daarby aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is pragmaties en innemend. Met Jupiter aan jou kant is 2019 die jaar om geleenthede in wonderlike suksesse te verander.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Onderdruk vandag die versoeking om kommunikasie aan te jaag en verwarrende gevolgtrekkings te maak. Jy kan maklik verward raak en dalk besef jy het meer afgebyt as wat jy met gemak kan kou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer passie en kreatiwiteit jy in ’n groepsprojek instoot, hoe suksesvoller sal jou dag wees. Moenie meegevoer raak en toelaat dat jou verbeelding jou mislei nie. Bly in die werklikheid.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou nuuskierigheid word gestimuleer terwyl jy ’n geheim ontrafel, iets opspoor wat weg was, of inligting inwin wat ander mense misgekyk het. Wat ’n geliefde betref, moet jy nie aanneem jy weet wat hulle dink nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie toelaat dat wat in die verlede gebeur het, verhoudings met ander kortwiek nie. Benader intieme verhoudings met ’n skoon blaadjie. Die enigste mens wat moontlik tans situasies kan saboteer, is jyself.\

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy gaan nie besonder selfversekerd, energiek of gemotiveerd voel nie, aangesien Neptunus ’n reghoek met die son vorm. Gebruik die tyd om op jou fisieke krag te fokus, gesond te eet en te probeer ontspan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hoe meer jy doelbewus probeer om mikrobestuur op verhoudings toe te pas, hoe meer sal jou geliefdes hulle van jou distansieer. Misverstande is moontlik, tensy jy tyd neem om duidelik te kommunikeer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil graag hê dinge moet vandag glad verloop, maar dit sal nie gebeur nie. Intieme verhoudings sal verwarrend en geliefdes onvoorspelbaar wees. Probeer ontspan en aanvaar dinge soos dit kom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Geldsake lyk verwarrend; los dus eerder belangrike transaksies vir ’n ander dag. Vriendskappe word beklemtoon, maar maak seker jy maak plek vir uiteenlopende sienings.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Om aannames te maak, kan jou vandag in die moeilikheid laat beland. Jy is gretig om ander mense te leer en af te rig, maar moenie aanneem jy ken al die antwoorde nie. Hoe nederiger jy bly, hoe beter.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan vandag ’n bietjie chaos verwag aangesien Neptunus kommunikasie verwar en jou gedagtes vertroebel. Probeer om nie moedeloos te raak omdat die gaping tussen jou doelwitte en die werklikheid so groot lyk nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verhoudings met ’n kollega of intieme vriend kan vandag verwarrend wees aangesien julle saamstem dat julle oor ’n aanvegbare onderwerp verskil. Soek maniere om saam te werk terwyl elkeen sy onafhanklikheid behou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy gaan vandag ’n groot verskeidenheid van botsende emosies ervaar terwyl jy by die buie van mense rondom jou inskakel. Onthou daar is ’n fyn onderskeid tussen heerlike dagdrome en netelige waanbeelde.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.