JOU DAG

Maak vandag seker jy gee aandag aan die fyner besonderhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n goedhartige en simpatieke mens. Oor die volgende jaar moet jy meer tyd inruim vir die ontwikkeling van jou spirituele sy terwyl jy leer om jou intuïsie te vertrou.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die son en Mercurius stimuleer jou werksone. Mik daarna om meer kreatief, mededelend en versigtig te wees by die werk. As jy take afjaag, sal jy morsige foute begaan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met die weetgierige Mercurius wat tot in jou vermaaksone beweeg, is dit tyd om met ’n ou stokperdjie voort te gaan of met ’n nuwe een te begin. Geniet ’n bietjie lewendige geselskap met ’n kind, tiener of intieme vriend.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius beweeg tot in jou tuistesone. Ruim tyd in om saam met geliefdes deur te bring. Jy wil graag sê wat jy dink, maar weerstaan die neiging om te oordryf. Hou by die feite.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is reg om te gesels. Mercurius skuif tot in jou kommunikasiesone. Jy wil graag jou idees uitdruk en volop stimulerende gesprekke met interessante mense geniet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is geneig om te veel geld uit te gee aangesien jou wenslysie groter as jou banksaldo is. Mercurius moedig jou aan om finansieel meer geletterd te raak. Onthou, kennis is mag.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou vaardighede om vele take uit te voer sal vandag ten toon gestel word terwyl Mercurius tot in die Maagd skuif en jy werk- en sake-aangeleenthede balanseer. As jy fyn aandag gee aan besonderhede, sal jy beloon word.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius verbind met die son in jou afsonderingsone. Vertraag jou pas en skenk aandag aan jouself en jou behoeftes. Skenk noukeurig aandag aan die boodskappe in jou drome.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg tot in jou netwerksone. Jy is sosiaal op jou beste terwyl jy saam met ander kuier; persoonlik en aanlyn. Bly in aanraking met uitgebreide familielede.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son en Mercurius gee jou selfvertroue op beroepsgebied en help jou om ekstra positief te voel oor die toekoms. Jou netwerkkontakte sal beloning bring; wees net geduldig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius beweeg deur jou reissone; dis tyd om met jou oorsese kontakte te kommunikeer. As jy slim en strategies bly, sal jy ’n paar nuttige langtermynkontakte langs die pad raakloop.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Kyk goed na jou geldsake en soek maniere om kragte met ander saam te snoer vir positiewe resultate. Om na goeie raad te luister, is die heel beste opsie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mercurius wat tot in jou verhoudingsone beweeg, is dit die ideale tyd om met jou maat oor jou behoeftes te praat. Enkellopendes, soek liefde by ’n Kreef wat omgee of ’n deugsame Vis.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.