JOU DAG

Kreatiwiteit en deernis word beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy droom daarvan om in ’n utopiese wêreld te woon. 2019 is die jaar om meer realisties te wees oor jou doelwitte en aspirasies vir die komende jaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met drie planete wat jou afsonderingsone besoek is dit die ideale dag om jou drome na te jaag. Werk onafhanklik. Probeer om ’n bietjie stiltetyd vir meditasie, bepeinsing of dagdromery opsy te sit. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vriendelikheid, deernis en skikking sal jou vandag ver bring. Jou mantra kom van die skrywer Charles Dickens, wat ook vandag verjaar het: “ ’n Hart vol liefde is die opregste wysheid.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Ervaar jy probleme met ’n baas, kollega, kliënt of klant? Probeer om dinge uit hul oogpunt te beskou. Hoe meer sensitief en inklusief jy is, hoe meer sal die verhouding verbeter.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die maan is in jou mede-waterteken, die Visse. Jy sal ekstra emosioneel, deernisvol en intuïtief voel. Kreatiewe en spirituele strewes soos kuns, musiek, joga en meditasie lyk gunstig.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie vandag selfsugtig en selfbehep wees nie. Alles wentel nie net om jou nie. Skenk noukeurig aandag aan ’n huishoudelike kwessie of ’n finansiële saak. Meer skuil daaragter as wat wil voorkom.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Intieme verhoudings word vandag bevoordeel, solank jy bereid is om toegewings te maak. Maar moenie alles glo wat ’n mooiweersvriend jou wil wysmaak nie. Jy hoor dalk nie die volle verhaal nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Die huis is ’n miernes van bedrywighede aangesien mense heeltyd teen ’n konstante en verwarrende tempo kom en gaan. As jy met ’n probleem worstel by die werk, gebruik jou intuïsie om jou na ’n bevredigende oplossing te lei.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref, gaan meer onder die oppervlak aan as waarvan jy bewus is.  Gebruik jou Skerpioen-speurvaardighede om die waarheid op te diep.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Intieme verhouding kan vandag verwarrend wees aangesien iemand vae aanwysings gee of ingewikkelde rigtings aandui. Duidelike kommunikasie is die sleutel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Benut jy Venus, wat deur jou teken beweeg, ten volle? Trek aan jou skaatse, want jy het drie weke om ander te bekoor en te vra wat jy nodig het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jupiter spring deur jou verwagtings-en-drome-sone. Jou motto kom van Oprah Winfrey, wat ook onder die teken van die Waterdraer gebore is: “Die grootste avontuur wat jy ooit kan onderneem, is om jou drome uit te leef.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie alles glo wat jy hoor of toelaat dat iemand jou op ’n dwaalspoor na moeilikheid lei nie. Moenie belangrike besluite neem nie en fokus op spirituele strewes.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.