JOU DAG

Jupiter beweeg tot 2 Desember 2019 deur die Boogskutterteken.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ernstige behoefte om sukses te behaal. Hoe meer jy ontspan en jou in 2019 geniet, hoe suksesvoller sal jy wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met Jupiter wat jou reissone betree, roep buitelandse bestemmings oor die volgende 13 maande. Begin dus om jou reisprogram te beplan. Dit is ook belangrik om met jou internasionale kontakte in verbinding te bly.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jupiter besoek jou geldsone tot Desember 2019. Jy kan dus voordeel trek uit ’n boedel, lening, skei-ooreenkoms, versekeringseis, belastingopgawe of polisuitbetaling.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Jupiter wat jou vennootskapsone betree, moet jy daarna streef om meer positief en vrygewig teenoor geliefdes te wees. Probeer ook om ’n problematiese verhouding uit ’n meer filosofiese perspektief te beskou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jupiter betree jou welstandsone, wat goeie nuus is vir jou fisiese en emosionele gesondheid oor die volgende 13 maande. Daar is wel een voorbehoud – jy moet ’n gedissiplineerde Kreef wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Oor die volgende 13 maande sal baie talentvolle Leeus met ’n sport of ’n stokperdjie begin, ’n vuurwarm romanse hê, op ’n wonderlike vakansie gaan of ’n nuwe aankomeling in die familie verwelkom. Kreatiewe projekte trek ook voordeel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter is bestem om jou huishoudelike horisonne uit te brei. Dus, oor die volgende 13 maande kan jy eiendom koop of verkoop, verhuis, ’n nuwe huismaat kry, of jou huidige tuiste opknap sodat jy meer plek het.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou aanlyn teenwoordigheid kan oor die volgende 13 maande regtig posvat aangesien Jupiter media en kommunikasie seën. Maak dus seker dat jy heelwat aktuele en interessante dinge het om te sê.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Is jy bekommerd oor geldsake? Jupiter reis die volgende 13 maande deur jou geldsone. Benut dus die gelukkige finansiële geleenthede wat jou kant toe kom ten volle.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou heerserplaneet, Jupiter, betree jou teken tot Desember 2019. Benut dus die vurige energie-aansporing en goeie geluk wat dit voorsien. Selfvertroue is die vuurpylbrandstof wat jou êrens sal bring.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan oor die volgende 13 maande met joga, meditasie of metafisiese studie begin aangesien Jupiter jou geestelike perspektief verbreed. Daar is altyd iets nuuts om te leer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is tyd om planne te beraam en doelwitte vir die toekoms te stel. En moenie hulle te veilig en verstandig maak nie. Reik na die sterre aangesien Jupiter jou help om ambisieuse drome en kreatiewe planne oor die komende jaar op te dis.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter, die planeet van goeie geluk en voorspoed, beweeg tot in jou beroepsone. Dis goeie nuus vir ’n bevordering, ’n nuwe werk of ’n gelukkige professionele ruskans wat oor die volgende 13 maande na jou kant toe kom.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.