JOU DAG

Jy moet vandag aan passie en plesier voorrang gee.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is pragmaties en betroubaar, maar moenie jou beperk nie. Brei jou horisonne uit en volg jou drome na.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus, die Vredemaker, moedig jou aan om ’n wankelende verhouding te herstel. Maar jy moenie dit net oppervlakkig benader nie. Jy sal moet diep delf. Moenie die kans verspeel om positiewe veranderings aan te bring nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus, die Liefdesplaneet, betree tans jou verhoudingsone. Dus moet jy iets ekstra romanties saam met jou maat beplan. Enkellopende Bulle – soek liefde by ’n sjarmante Weegskaal of ’n sexy Skerpioen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy sal groot bevrediging kry as jy gefokus bly terwyl jy – vir ’n verandering – by ’n daaglikse roetine hou! As jy kreatiwiteit met vrugbare werk kombineer, sal dit tot blywende resultate lei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus, die kultuurplaneet, stimuleer jou vermaaksone. Die tyd is dus reg om musiekkonsertkaartjies te bespreek of ’n teatergeleentheid of kunsuitstalling by te woon. Of begin met ’n kreatiewe nuwe stokperdjie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal ’n diplomatiese Kat moet wees. Venus, die vredesplaneet, besoek tans jou tuistesone. Daar kan dus dalk op jou nommer gedruk word om die gemoedere in die huis tot bedaring te bring of om vurige humeure in die gesin af te koel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus betree jou kommunikasiesone; dus is dit tyd om jou geldsituasie met behulp van die sosiale media te verbeter. Jy kan jou kontantvloei ’n hupstoot gee deur middel van ’n advertensie, reklame of gesamentlike poging aanlyn.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

’n Spontane kopietog is aanloklik – solank jy dit kan bekostig, Weegskaal. Maar om jou dieper in die skuld te dompel, is ’n resep vir ’n ramp. Geniet dit gerus, maar moenie die bank bankrot maak nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus, die lewenslustige plesierplaneet, stoom tans deur jou teken. Dit verhoog jou romantiese sy en gee jou sosiale lewe ’n hupstoot. Temper dus jou Skerpioen-intensiteit en maak ernstig pret!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy sal dit vandag geniet om gehaltetyd alleen deur te bring, terwyl jy jou aan heerlike dagdromery oorgee en uit jou intuïsie put. Sommige Boogskutters sal by ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Slaan jy munt uit jou kreatiwiteit? Die gesellige Venus moedig jou aan om by ’n groep, klub of organisasie aan te sluit wat jou sal help om jou besonderse talente te ontwikkel. Jy kan altyd iets nuuts leer!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus aktiveer jou beroepsone; dus sal die sosialisering met kollegas help om verhoudings by die werkplek te verbeter. As jy werk soek, moet jy jou familie en vriende daarvan vertel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal uitvind dat, met die komplimente van Venus, opvoeding, navorsing, reis, publisering en groepsprojekte almal tans bevoordeel word. Jy kan selfs ook weer met ’n vriend of vriendin in die buiteland in verbinding kom.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.