JOU DAG

Benader jou daaglikse pligte verstandig en deeglik. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die talent om abstrakte idees in praktiese projekte te omskep. Maar jy moet soms meer sensitief wees teenoor die gevoelens van ander. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy kan ’n besige dag verwag, veral wat geldsake betref. Jy sal ook agterkom waarom iets jou pla. Jy het indrukwekkende idees, maar moenie die belangrike besonderhede miskyk nie. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Moenie vandag dinge op sigwaarde aanvaar nie. Neem tyd om aansienlik dieper te kyk. Jy sal belangrike inligting blootlê as jy inskakel op wat mense agter die skerms doen.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy kan heelwat wen deur vriendskappe, groepaktiwiteite en netwerkvorming. Moenie toelaat dat oorhaastigheid en onbedagsaamheid geleenthede benadeel nie. Streef daarna om dinge uit die oogpunt van dié rondom jou te sien. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy het groot toekomsplanne, maar moenie meer afbyt as wat jy met gemak kan kou nie. Neem jou tyd en maak seker jy kan kruip voor jy probeer loop. Oefening baar kuns. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Wat ’n werkkwessie betref lyk dit asof dinge die kreeftegang gaan, maar wees geduldig. Jy kan intussen energie aanwend vir netwerkvorming en om jou kontakte uit te brei. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Die mag is joune. Mercurius en Neptunus verlig jou sjarmesone. Span jou oorredingsvermoëns in ten einde ander mense te help en om jou belangrikste verhoudings te verbeter. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Streef daarna om, wat ’n intieme verhouding betref, meer kreatief en proaktief te wees ten opsigte van probleemoplossing. Is ’n lid van jou gesin gespanne?  Spring in en help hulle op praktiese maniere. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Ander mense sal vandag aandagtig luister na wat jy sê terwyl jy die fyn lyn tussen prakties wees en kreatiwiteit bewandel. Wat ’n verhoudingskwessie betref, moet jy deurdruk en die bul by die horings pak.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES. 

Probeer sensitiewer wees jeens die familielid met wie jy probleme ervaar, en benader hulle op ’n emosionele vlak. Hoe verder jy in hul skoene stap, hoe beter sal jy hul situasie verstaan.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Venus, Saturnus en Pluto is in jou teken; dus werk jou perfeksionistiese streep in snelrat. Dit sal vir jou, of enigiemand anders, moeilik wees om dinge behoorlik te doen. Volmaaktheid is ’n doelwit, nie ’n eindbestemming nie. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy is haastig om dinge by die werk, skool of universiteit aan die gang te kry. Maar omstandighede verander vinnig. Moenie enige vaste beloftes maak voor jy nie die bygewerkte inligting het nie. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Bekommer jy jou oor ’n persoonlike probleem of geldkwessie? Skep moed; daar is meer steun rondom jou as wat jy dink. Mense is gereed om te help. Wees net proaktief en vra raad. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.