JOU DAG

Klou vandag aan jou sitplek vas en verwag die onverwagte! 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan soms ’n afsydige Waterdraer wees. Mik daarna om in 2019 sosiaal meer bedrywig te wees en stel jou talente aan die wêreld bekend met die doel om ’n verskil te maak. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy is vandag geneig om rond te jaag en ondeurdagte besluite te neem wat later kan boemerang.Streef dus daarna om dinamies en spontaan te wees – eerder as roekeloos en geneig tot ongelukke. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Moenie in ’n groef vasval en negatiewe gedragspatrone herhaal nie. Vandag se sterre moedig jou aan om jou verbeelding in te span ten einde met’n splinternuwe oplossing vir ’n hardnekkige ou probleem vorendag te kom. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy moet jou sinne bymekaar hou, want dit mag vandag nodig wees om in te spring en ’n blitsbesluit te neem. Jou betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie lyk egter onvoorspelbaar, aangesien die doelpale gedurig verskuif word. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Krappe stel gewoonlik vir hulself veilige en verstandige doelwitte. Vandag se sterre moedig jou aan om dit buite jou gemaksone te waag en jou terselfdertyd op persoonlike én professionele vlakke in nuwe rigtings te strek.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Spring uit jou daaglikse roetine indien dit voel asof jy in ’n groef vassit. Doen iets wilds avontuurliks wat jou adrenalien laat vloei. Jy sal dan opnuut geaktiveer, gestimuleer en vernuwe voel. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Impulsiewe geldskuiwe vandag – veral ten opsigte van gesamentlike geldsake – kan jou môre met baie suur druiwe laat sit. Stel dus die neem van belangrike besluite ten opsigte van geld uit tot wanneeer jy meer gevestig en verstandig voel. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Haak jou liefdeslewe op outomatiese stuur vas? Uranus moedig jou vandag aan om die spinnerakke weg te vee en dinge uit ’n nuwe perspektief te beskou. Enkellopendes – jy mag dalk verlief raak op iemand wat nie jou gewone tipe is nie. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy kan vandag heelwat gedoen kry as jy bereid is om onverwagte onderbrekings en veranderings wat op die nippertjie plaasvind, te verdra. En jy kan hope pret hê. Oefening in die buitelug is noodsaaklik. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Wat ’n vriend of familielid betref, moet jy hom/haar hope ruimte gun om hom/haar uit te druk. Jy is gretig om jou gevoelens oor te dra, maar maak seker dat jou vurige entoesiasme nie ander mense oorweldig nie. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy moet die versoeking om ou gedragspatrone te herhaal, vermy. Indien jy jou huishoudelike roetine opklits – met ’n onverwagse ete uit of ’n spontane avontuur – sal daar ’n huppel in jou stap kom. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wanneer jy nuwe idees soos ’n spons opsuig, strek dit tot voordeel van opvoeding en reis. Jy’s in die bui vir spoed, en dit maak jou meer as gewoonlik geneig tot ongelukke. Stadig oor die klippe, dus, voor jy ’n ongeluk oorkom! 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy moet jou nie vandag bind ten opsigte van belangrike geldsake nie, aangesien jy heel moontlik later van gedagte gaan verander. Jou geldsake is onstabiel, dus moet jy seker maak jou begroting is buigbaar en weldeurdag. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.