JOU DAG

Mercurius beweeg vorentoe; dus behoort kommunikasie geleidelik te verbeter.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en dapper en het innerlike dryfkrag om sukses te behaal. Pasop net dat jou geheimsinnige benadering jou nie eensaam maak en van ander mense vervreem nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius beweeg vorentoe in jou sone van selfuitdrukking. Maak seker jy wend jou kreatiewe talente ten beste aan. Mars beweeg tot 27 Augustus in trurat; dus moet jy geduldig wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Noudat Mercurius weer vorentoe beweeg, behoort ’n frustrerende gesinskwessie geleidelik te verbeter. Hoe meer buigsaam en simpatiek jy is, hoe vinniger sal dinge verbeter.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, jou heerserplaneet, beweeg vorentoe. Alle soorte kommunikasie sal geleidelik begin verbeter. Dit is tyd om jou op reguit en eerlike maniere uit te druk en jou gevoelens te verwoord.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg vorentoe; moet jou nie meer bekommer oor dinge waaroor jy geen beheer het nie.  Wees proaktief oor projekte waar jy die resultaat kan beïnvloed. Soek ’n manier van ontspanning wat jou pas.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg vorentoe in jou teken; dus het jy die vermoë om te sê wat jy dink. Jou woorde het die mag om ander mense op emosionele en inspirerende maniere te beïnvloed, kies dus wys.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis tyd om aan die werk te spring en ’n uitgestelde projek te takel. Mercurius, jou heerser, beweeg vorentoe en dit gee jou energie ’n ekstra hupstoot en plaas jou in die luim om dinge af te handel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Kommunikasie behoort geleidelik te verbeter aangesien Mercurius in jou netwerkvormingsone vorentoe beweeg.  Doen jou uiterste bes om meningsverskille uit die weg te ruim en dinge in ’n positiewe rigting te stuur.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg reguit in jou lewensrigtingsone. Leer uit die verlede en gaan met jou lewe aan. Soos die sanger Robert Palmer opgemerk het: “Die verlede is ’n trapklip, nie ’n meulsteen nie.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg vorentoe in jou reis- en avontuursone. Dit is tyd om jou volgende vakansie of ’n naweekwegbreek te beplan. Opleiding en filosofiese gesprekke lyk ook gunstig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius beweeg vorentoe en dit behoort ’n intieme verhouding of ’n gesamentlike projek waarby geld betrokke is, aan te help. Wees versigtig oor dinge wat jy aanlyn deel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg vorentoe; dus sal intieme verhoudings verbeter aangesien julle vasbeslote is om saam te werk en ’n bevredigende resultaat te verkry. Ruim ook tyd in om werklik te luister na wat ander mense sê.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie kosbare tyd vermors op uitstel nie. Mercurius beweeg reguit. Moenie doekies omdraai nie en maak seker jy is eerlik met jou kollegas en hou hulle op die hoogte van jou planne.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.