JOU DAG

Die sterre beklemtoon goedhartigheid en deernis terwyl jy iemand help wat in die nood verkeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is idealisties en maatskaplik bewus en jy help graag ander mense. Die komende jaar is die tyd om projekte met kalm selfvertroue te voltooi, al gaan dit ook hoe moeilik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die stemmetjie van jou gewete sal vandag vir jou die regte rigting aandui. Wat ’n ingewikkelde verhoudingskwessie betref, moet julle jul intuïsie inspan ten einde ’n bevredigende oplossing te vind.

BUL, 21 Apr.-21 Mei 

Hoe meer kreatief jy by die werk is, hoe beter sal dinge uitwerk. En hoe meer jy uitreik en ander mense help, hoe nuttiger sal jy voel. Vriendskappe met kollegas lyk in die besonder gunstig.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer energie en fokus jy aan geldsake en sake-aangeleenthede gee, hoe meer suksesvol sal jy wees.  Doen jou huiswerk en maak seker jy gaan die minder belangrike besonderhede noukeurig na.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Platoniese vriendskappe is vandag belangrik. Jy kan jou verbinding met ’n spesiale vriend verdiep of ’n déjà-vu-oomblik ervaar wanneer jy iemand vir die eerste keer ontmoet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die sterre stimuleer jou vrugbare verbeelding; verwag ’n opwelling van kreatiwiteit. Span jou intuïsie in ten einde uit te vind wat werklik aan die gang is met ’n persoonlike probleem of intieme verhoudings.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vandag se planetêre patrone verhoog jou drang om op ’n meer deernisvolle manier met geliefdes of kollegas te verbind. Is dit nie dalk tyd om ’n intieme vriend te help wat in die knyp is nie?

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Gaan ’n vriendin of familielid deur ’n moeilike tyd? Jou goedheid en diplomatiese benadering word vandag benodig wanneer jy ’n helpende hand of ’n skouer om op te huil bied.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dis ’n goeie dag om kommunikasie met ’n kind, geliefde of intieme vriend te verbeter. Vir sommige enkellopende Skerpioene is liefde met iemand met ’n geheimsinnige verlede ’n waarskynlikheid.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sensitiwiteit jeens ’n delikate situasie rakende die gesin hou vandag ’n beloning in. Enkellopendes, ’n bloeiende verhouding mag dalk skielik verdiep, maar maak seker jy vertel hulle die waarheid.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Sorg dat jy nie by ingewikkelde magspeletjies betrek word wanneer jy met ander mense kommunikeer nie.  Sommige sentimentele en dapper Steenbokke sal verplig voel om na ’n ou verhouding terug te keer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Weerstaan die versoeking om vandag vir die bekommernisse van die wêreld weg te kruip. Soos die skrywer en mede-Waterdraer Virginia Woolf ons herinner: “Jy kan nie vrede vind deur die lewe te vermy nie.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterre beklemtoon jou romantiese, kreatiewe en spirituele kant. Maar dit beklemtoon ook jou neiging om feit en fantasie te meng. Probeer jou voete stewig op die aarde hou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.