JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel studie, navorsing en ondersoeke. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor ’n sterk wil om sukses te behaal. 2019 is die jaar om ietwat minder gedrewe en aansienlik meer ontspanne te wees. 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hoe meer mense jy vandag mee in aanraking kom – tuis en in die buiteland –– hoe meer sukses sal jy behaal. Moenie goeie idees net vir jouself hou nie. Die sleutel is om netwerke te vorm, om te gee en te deel. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

As jy ’n sakereis of wegbreekvakansie beplan, moenie dinge tot op die nippertjie los nie. Die tyd is nou ryp om jou huiswerk te doen, jou reisplan op te stel en jou papierwerk in orde te kry. 

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis tyd om jou verhoudings te geniet en jou drome te deurdink. Jou huidige mantra kom dus van Colette – die beroemde Franse skrywer – wat ook vandag verjaar het. “Wees slim. Dis een manier van vernuftig wees.”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Intieme verhouding ondergaan op die oomblik gewigtige veranderings. Dinge voel dalk onseker, maar byt vas. Jy is, met behulp van Saturnus en Pluto, besig om ’n stewige, nuwe grondslag te bou. 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy’s gretig om jou eie kop te volg, maar moenie die behoeftes van ander afskeep nie. Duidelike kommunikasie is die sleutel. En moenie die kans verspeel om ’n langtermynverandering tuis of by die werk te bewerkstellig nie. 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die sterre is ten gunste daarvan dat jy met die kreatiewe muse in jou binneste verbind, terwyl jy jou gedagtes uitdruk en terselfdertyd prethê. Dis ook hoogtyd vir ’n diep en betekenisvolle gesprek met ’n familielid of intieme vriend. 

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Het jy al die selfdoentakies wat om die huis gedoen moet word, uitgestel? Stel ’n rooster op sodat jy oor die volgende dae kan skoonmaak, opknap, versier, heelmaak of opruim. 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou kommunikasievaardighede en Skerpioen-oorredingsvermoë is sterk, gebruik dit dus met oorleg. Alle soorte netwerkvorming word bevoordeel, terwyl jy blywende bande smee met eendersdenkende siele.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus en Jupiter betree jou teken; daarom is jy geneig om impulsiewe foute te begaan. Jou slagspreuk kom dus van Colette, die beroemde Franse skrywer, wat ook vandag verjaar het. “Jy sal dom dinge doen, maar doen dit met geesdrif.” 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hou op om jou oor finansies te bekommer en wees liewer meer proaktief. Span kragte saam met iemand wat slim en kundig is wat geldsake betref.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mik daarna om minder te praat en meer te luister wanneer jy met jou geliefdes kommunikeer. Dis ook ’n wonderlike tyd om jou Waterdraer-talente in te span tot die voordeel van ’n plaaslike groep, klub of organisasie. 

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy moenie die mag van jou verbeelding onderskat wat die oplos van ’n probleem betref nie. Laat Albert Einstein, ’n mede-Vis, jou inspirasie wees: “Verbeelding is belangriker as kennis.” 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.