JOU DAG

Moenie meegevoer raak en meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het uitstekende idees, maar probleme kan ontstaan by die oordra daarvan aan ander mense. 2020 is die jaar om meer buigsaam te wees, terwyl jy jouself – en ander – beter leer ken.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Baie Krewe sal vandag emosioneel ontwrig voel. En jou buierigheid kan moontlik ’n intieme persoonlike verhouding nadelig raak. Berei jou voor op ’n taamlik moeilike dag. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Het jy jou dag beplan en jou reaksie geoefen? Berei jou voor op ’n klompie ontwrigtende verrassings. Dinge sal vir seker nie glad verloop nie; klou aan jou sitplek vas en maak gereed vir ’n wilde rit. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy voel dalk vandag lus om ontslae te raak van mense, besittings, optrede of menings wat hul doel gedien het.  Maar waak daarteen om dit te oordoen. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Daar kan ’n bietjie te veel wrywing tuis voorkom aangesien die planete probleme laat opduik in jou huishoudelike sone. ’n Dubbele dosis diplomasie sal jou goed deur die dag – en nag – kry.                                                                                                                          

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Haastige woorde sal jou vandag in die moeilikheid laat beland. Jy moet mooi dink voor jy aanvegbare dinge sê wat jy later sal berou. Jy het dalk te veel hooi op jou vurk.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Is jy realisties? Dis goed om groot, pragtige drome te koester, maar die tyd sal aanbreek dat jy hulle ten uitvoer sal moet bring. Jy is ook geneig om te oordryf, te veel geld te bestee of te veel hooi op jou vurk te laai. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy kan vandag ’n klompie dramas verwag. ’n Huismaat of gesinslid krap jou moontlik om met ’n verrassende voorstel. Of ’n kollega, kliënt of klant kan jou dalk met iets onverwags tref. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jy’s vandag in die bui om jouself oor te gee aan dinge aangesien jy feitlik alles oordoen. Insluitend praat, eet, kuier en geld uitgee. Moenie te vinnig ry of toelaat dat iemand jou aandag aftrek wanneer jy bestuur nie.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Dit kom voor asof vriendskappe en groepaktiwiteite vandag ietwat deurmekaar is. Moenie ander mense se weergawe van gebeurtenisse sommer net so aanvaar nie.  Gebruik die tyd om dinge deeglik na te gaan voor jy ’n belangrike besluit neem.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme kan ware vuurvreters wees en vandag se sterre kan jou impulsiewer en ongeduldiger as gewoonlik maak. Raak rustig, aangesien jy waarskynlik oorhaastig en ietwat waaghalsig kan voel. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die maan en Jupiter is gereed om die reëlmatige ritme van jou dag te onderbreek. Betrekkings met een van jou vriende of familielede sal moontlik verwarrend wees. Hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter sal jou dag wees.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy is vandag gretig om iets nuuts te leer, maar waak daarteen dat jy nie absurde gevolgtrekkings maak nie, veral wat geldsake betref. Deurdink dinge voor jy ’n groot skuif maak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.