JOU DAG

Die Mercurius/Venus-verbinding laat romanse, gesellige geleenthede, kreatiwiteit en gesamentlike pogings gunstig lyk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is die jaar om iets te vind waaroor jy passievol is en persoonlik daarby betrokke te raak. Desember is die beste maand vir liefde en romanse, gesellig verkeer en onthaal.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus besoek jou verhoudingsone tot 9 September. Die heelal moedig jou aan om meer raadgewend te wees ten opsigte van hartsake. Goeie dinge kom vir sagsinnige Ramme wat saamwerk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius/Venus-aspekte moedig jou aan om vir dié rondom jou te sorg. Laat Audrey Hepburn, wat ook ’n Bul was, jou inspireer: “Jy het twee hande; een om jouself mee te help, en die ander een om ander mense mee te help.”

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy enkellopend is en hou van flankeer, is min mense teen jou sjarme bestand. Jy laat ’n streep gebroke harte agter. En as jy in ’n verhouding is, sal jou maat jou selfs aantrekliker vind as gewoonlik.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy moet bereid wees om die rol van ’n agent vir transformasie te speel aangesien jou woorde ’n gesinslid inspireer, jou idees ’n kollega beïnvloed of jy kan emosionele steun aan ’n vriend in nood gee.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius is in die Leeu en Venus in die Weegskaal; dus is die uitdaging om lank genoeg stil te bly sodat jy werklik na ander mense kan luister. En om roetinetakies met grasie, styl en ’n goeie humorsin kaf te draf.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus besoek die Weegskaal en jou heerser, Mercurius, in jou humanitêre sone; dus is dit tyd om op die behoeftes van ander mense te fokus. Samewerking en deernis is die gonswoorde vir vandag.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jou waardering vir skoonheid verdiep. Maak seker jy sluit pragtige mense, ’n lieflike omgewing en musiek by jou dag in. Jou kalm en ontspanne ingesteldheid sal jou geliefd maak by ander mense.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dinge behoort vandag glad te verloop, maar moenie die stemming van harmonie omkrap deur dikmond of gespanne te wees nie. Kommunikasie is sterk, terwyl jy logiese denke met intuïtiewe insig kombineer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy sal vandag goddelike inspirasie uit die hemele ontvang. Moenie die geleentheid laat verbygaan om jou kreatiwiteit te laat vloei nie. Jy sal bly wees oor die resultaat.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy bedagsaam is sal jou kollegas graag met jou wil saamwerk. Onthou as jy ander mense met takt en sjarme benader, sal jou pogings oorvloedig beloon word.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy het die mag om ander mense te beïnvloed. Moet net nie vasgevang word in jouself en wat jy sê nie. As jy tweerigtingkommunikasie aan die gang kan kry, sal jy vooruitgang maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n gunstige dag om op pret, vriende, familie en geldelike geleenthede te fokus. Jou sterre beklemtoon kameraadskap en samesyn, en die aanwend van jou kommunikasievaardighede by die werk.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.