JOU DAG

Die nuwemaan is in die Waterdraer; dus is dit tyd vir ’n nuwe begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n interessante mens om te ken. 2019 is die jaar wanneer jy meer realisties moet wees ten opsigte van jou doelwitte vir die toekoms.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Waterdraer-nuwemaan bring jou vryheidsliewende sy na vore; jy kan as selfsugtig beskou word. Doen jou eie ding, maar moenie die behoeftes en gevoelens van ander afskeep nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe vorder jou loopbaan? Is dit lankal tyd dat jy ’n salarisverhoging of bevordering moes kry? Is dit tyd om ’n beter werk te soek of van loopbaan te verander? 2019 se uitdaging is om van werk ’n opwindende nuwe avontuur te maak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, Jupiter en die nuwemaan stimuleer jou breinselle; dus is jy op jou weetgierige beste. Jy’s gretig om iets nuuts aan te leer. Dit is die ideale tyd vir reis, studeer, lees, skryf of navorsing doen.
 

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Intieme verhoudings kom vandag onder die loep terwyl jy aan die band tussen jou en jou geliefdes werk. Die tyd is reg om ’n gesamentlike reëling ten opsigte van geldsake te heroorweeg.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Berei jou voor op ’n romantiese nuwe verhouding of ’n oue wat hernu is. Verbonde Leeus, dis hoog tyd om jou maat te vertroetel. Alleenlopers, soek liefde by ’n avontuurlike Waterdraer of slim Tweeling.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius en die nuwemaan aktiveer jou welsynsone. Gee aandag aan jou gesondheid, dieet en fiksheid. Moet jy dalk iewers iets regruk sodat jy in 2019 fikser en fantasties kan lyk en voel?

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Die nuwemaan aktiveer jou onthaalsone; maak gereed vir partytjie hou. In die geval van stiller Weegskale bevoordeel die sterre gehaltetyd saam met jou gesin en intieme vriende.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan stimuleer jou weetgierigheid en verbeelding, en dit kry jou ook in die luim om jou roetine tuis op te kikker. Doen iets wat jou Skerpioenhart sal laat sing.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die nuwemaan, Mercurius en Jupiter moedig ’n opwindende nuwe begin aan wat kontak ten opsigte van die sosiale media en plaaslike gemeenskap insluit. Jy het ’n verskeidenheid bruikbare talente; begin so gou moontlik.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die nuwemaan gooi ’n kollig op geldsake en help jou om dinge uit ’n vars oogpunt te beskou. Daar is geen verskoning vir in die duister verkeer wat geldsake betref nie. Onthou, kennis is mag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die nuwemaan verlig jou teken; jy sal onafhanklik en vindingryk voel. Maar jy sal ook roekeloos en rebels wees. Doen jou bes om jou energie op positiewe en vrugbare maniere te gebruik. 

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan versterk jou verbeelding en intuïsie. Maak net seker jy kanaliseer jou energie na kreatiewe of spirituele strewes. Anders sal jy bloot verward en oorweldig voel.
 
 
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.