JOU DAG

Doen jou bes om vandag sinvol spontaan te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is romanties en oorspronklik en jy jy gaan graag op jou unieke manier te werk. Die komende 12 maande is die tyd om minder roekeloos en meer bedagsaam te wees.

RAM, 21 Mrt.- 20 Apr.

Rumoerige Ramme sal vandag liggaamlik rusteloos en emosioneel prikkelbaar voel. Julle is oorgehaal vir aksie en avontuur, maar moenie haastige, halfgebakte gevolgtrekkings maak nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moes jy lankal gehaltetyd saam met ’n kind, tiener of goeie vriend(in) deurgebring het? Maak seker jy respekteer sy/haar individualiteit en aanvaar dat hul mening heelwat van joune kan verskil.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Poog om jou sosiale verbintenisse regverdig en wyslik te bestuur. Soos Andy Warhol, wat vandag verjaar het, opgemerk het: “Elke sosiale optrede is ’n onderhandeling, ’n kompromis tussen sy/haar wense en joune.”

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus skyn ’n kollig op slim en kreatiewe kommunikasie terwyl jy interaksie met mense geniet. Jy moet egter nie ’n impulsiewe – en uitspattige – kopie maak wat jou later sal berou nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Pasop vir die neiging om vandag impulsief en/of grootpraterig te wees. Veral wat ’n persoonlike projek of ’n gesinskwessie betref. Temper tog net jou Leeu-aanmatiging met ’n tikkie nederigheid.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan steeds ’n verskil maak, al is die pas op die oomblik stadig. Laat wyle Andy Warhol, wat vandag 90 jaar gelede gebore is, jou inspireer. “Hulle sê altyd tyd bring verandering, maar eintlik moet jy dit self verander.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie kosbare tyd mors deur jou oor geldsake te kwel nie. ’n Kombinasie van ’n skrander begrip vir sakeaangeleenthede en intuïsie sal jou die regte rigting aandui. Werk ook aan jou selfbeeld.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou motto kom van Andy Warhol, wat vandag 90 jaar oud sou gewees het. “Om geld te maak is ’n kuns en goeie besigheid is die beste kuns.” Maar – met Mercurius en Mars albei in trurat – sal jy geduldig moet wees!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Onthou net, hoogmoed kom voor die val! As jy oorloop van selfvertroue – of grootdoenerig is – aangaande ’n huidige projek, kan jy jou rieme styfloop. Veral as jy oorhaastig was en kortpaaie gekies het.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Maan stimuleer jou welstandsone; dus moet jy gedissiplineerd wees en jou liggaam met goeie kos en verfrissende oefening koester. Wees ’n verandering te wagte wat geldsake betref.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus stuur moontlik ’n gelukskoot of sakeverposing in jou rigting, maar dis nie ’n gratis rit nie. Jy moet gefokus genoeg wees om dit te herken – en gedissiplineerd genoeg om produktiewe stappe te doen.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se sterre – en jou natuurlike Visse-weetgierigheid – skiet jou tot in ’n splinternuwe avontuur. Maar is verhoudings met ’n geliefde dalk op klipperige grond? ’n Tikkie diplomasie sal jou wel deurtrek.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.