JOU DAG

Talle mense sal vandag emosioneel teruggehou word.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk wil, is slim en aanvaar graag nuwe uitdagings in jou lewe. Januarie en April is die beste maande vir romanse, liefde, partytjies, verloof raak en trou. 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Soms raak jy rammetjie-uitnek en opdringerig en jaag ander mense weg. Jy is passievol oor verandering, veral by die skool of werk, maar probeer om mense op meer subtiele maniere te oorreed.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan ongelooflik nougeset wees in jou mening en houding en dit kan ander onkant betrap. Jy moet, soos die dag vorder, die versoeking weerstaan om vas te skop en ophou om so hardkoppig te wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hou op uitstel en kom aan die gang. Dit is tyd om inspirerende kreatiewe idees in praktiese, produktiewe langtermynprojekte te omskep. Sing julle dieselfde liedjie wat gesamentlike geldsake betref?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy aanhoudend probleme met ’n geliefde ervaar, moet jy probeer om nie te oorreageer en emosioneel te raak nie. Die verstandige manier om te werk te gaan is om te gaan sit en kalm deur kwessies te werk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Help dié rondom jou aangesien die sterre jou sone stimuleer om van diens tot ander te wees. Kry inspirasie by Bill Clinton, wat ook onder die teken van die Leeu gebore is: “Ons kan nie ons eie toekoms bou sonder om ander te help om hul toekoms te bou nie.”

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mik vandag daarna om gedissiplineerd en gemotiveerd te wees. Dan sal jy deur die doenlysie beur en steeds genoeg tyd hê vir sport, ’n stokperdjie of ’n persoonlike projek wat jou hart laat juig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Heelwat moet nog rondom die huis afgehandel word; kom aan die gang. As dinge ’n bietjie troebel was wat ’n gesinslid betref, is dit nou die regte tyd om ’n paar ernstige toegewings te maak en geduldig te wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Knel die samestelling van jou daaglikse lewe jou vooruitgang? Breek los van oudmodiese denkwyses en kry vars maniere om te kommunikeer. Die lewe is ’n aaneenlopende proses van nuwe dinge leer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy ’n frustrerende probleem het wat opgelos moet word, moet jy nie na ’n kunsmatige kitsoplossing soek nie. Delf diep in die aangeleentheid om ’n bevredigende oplossing te kry. Jy kan nie almal tevrede stel nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie te saaklik wees met ander nie; dit kan hulle ontstel. Behou jou warmte wanneer jy professioneel optree; moenie koud en afsydig wees nie. Die sleutel is om mooi te luister na wat ander sê.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy geldprobleme het, moet jy aan kreatiewe maniere dink waarop jy jou kontantvloei kan verbeter. Kry ’n eendersdenkende vriend of kollega met wie jy kan saamwerk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy die skeidslyn tussen feit en fiksie laat vervaag, sal jy ’n lang en verwarrende dag beleef. Die planete moedig jou aan om jou bes te gee om jou voete stewig op die aarde te hou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.