JOU DAG

Moenie verwag dat mense oormatig liefdevol gaan wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aantreklik, en dis baie pret om by jou te wees. Die volgende 12 maande is die tyd om minder behoeftig en vrygewiger teenoor ander te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kry aardse, praktiese take vroeg uit die pad, want soos die dag vorder, gaan Ramme toenemend rusteloos voel. Kry dus ’n uitdagende projek waarheen jy jou energie kan kanaliseer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Intieme verhouding kan vandag in ’n doodloopstraat beland. Moenie aanneem jy weet wat ander mense dink nie. Maak seker dat jy fyn luister en toepaslike vrae vra, anders gaan daar probleme wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Kind, tiener of intieme vriend gaan vandag jou beperkte geduld op die proef stel. Onderdruk die drang om die eerste ding wat by jou opkom, uit te blaker – dit gaan nie die situasie aanhelp nie. Dink liewer voor jy praat.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat ’n intieme verhouding of ’n gesamentlike poging betref, gee jy een tree vorentoe en twee treë terug. Die beste manier om die situasie te hanteer, is met geduld, volharding en volop goeie humor.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat ’n werkskwessie of ’n finansiële aangeleentheid betref, sal slim Katte vandag superversigtig wees. Doen heelwat voorbereiding voor jy spring. As jy te haastig is, sal jy dit net later berou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhouding met ’n kind, tiener, geliefde of intieme vriend kan vandag ietwat stresvol wees. Trap dus versigtig en moenie kritiek lewer nie, hoe “konstruktief” jy dit ook al beskou!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy persoonlike probleme ondervind, moet jy nie aanneem dat ander mense hulle vandag tot jou redding sal haas nie. Dit is tyd om ’n onafhanklike Weegskaal te raak, aangesien die planete druk op jou uitoefen om meer op jouself te vertrou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Maak vandag ’n prioriteit daarvan om jouself te vetroetel deur ’n bietjie fisieke pamperlang of die luukse van gehaltetyd saam met ’n baie spesiale persoon – jyself. Alleenheid is tans noodsaaklik vir jou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie toelaat dat die vrees oor ’n tekort aan hulpbronne jou daarvan weerhou om iets te doen waarvan jy werklik baie hou nie. ’n Gedissiplineerde benadering sal help om die finansiële prentjie te vorm, maar dit gaan heelwat geduld kos.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoop die rekeninge op en sit jy met ’n duisend onbeantwoorde vrae? Met Mercurius en Mars nog steeds in trurat, is dit tyd om op te vang met kommunikasie en papierwerk rakende geldsake in orde te kry.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

’n Gesamentlik poging of groepprojek lyk tans moeilik. Die agteruitbewegende Mercurius krap kommunikasie deurmekaar, en dit lyk asof mense op verskillende golflengtes is. Maak dus seker dat jy alle besonderhede twee keer nagaan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy vandag georganiseerd en gefokus bly, kan jy berge versit en opvang met onafgehandelde sake. Indien nie, sal jy net die ure om dagdroom.  Probeer dus om in die werklikheid te bly, Visse!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.