JOU DAG

Selfvertroue en oortuiging sal jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n betroubare mens met ’n sterk wil. 2019 is die jaar waarin jy uiteindelik die kruin van die beroepsberg kan bereik!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kan vandag baie bereik, maar iemand kan dalk jou emosionele knoppies druk, veral by die werk. Raak kalm en maak toegewings! Anders sal jy ander mense onbewustelik ontstig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Stuur iemand tweedehandse nuus aan? Vermy sensasionele, los praatjies, en moenie toelaat dat jou jaloerse sy die oorhand kry nie. As iets jou pla, wys dit  op ’n vriendelike en simpatieke manier uit.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Verveelde Tweeling beteken net moeilikheid! Probeer dus nuwe aktiwiteite: Onderneem ’n reis, gaan op ’n avontuur of studeer iets wat jou nog altyd gefassineer het. Lees en navorsing sal veral voordelig wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alles draai om liefde en passie, aangesien die Son en Pluto saamspan in jou vennootskapsone. Ongelukkige enkelloper? ’n Nuwe romantiese verhouding sal slegs jou lewe verbeter indien jy werklik lief is vir jouself.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Koel af en raak rustig! Die dag sal beter verloop as jy meer proaktief en minder reaktief is. As jy te hard probeer, sal ander mense hul bes doen om jou te vermy.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees vandag versigtig oor die manier waarop jy met ’n kind of intieme vriend/in kommunikeer, anders kan jou goedbedoelde voorstelle geïnterpreteer word as kritiek wat seermaak. Dink dus twee keer voor jy advies aanbied!

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Gesinsverhoudings sal vandag super intens wees, aangesien ’n familielid magspeletjies speel of probeer om ander mense skuldig te laat voel. ’n Bietjie delikate Weegskaal-diplomasie is dus net wat tans nodig is!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Son/Pluto-verbinding beklemtoon vandag jou diep en kragtige energie, so wees versigtig. Sorg dat jy nie by ’n argument betrek word nie, en strewe daarna om jou besitlike streep in toom te hou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Wanneer ander mense intens en ernstig is, kan daar op sonnige Boogskutters vertrou word om met ’n grappie vorendag te kom of ’n komiese storie te vertel. Probeer jou bes om vandag die druk te verlig, maar besef ook dat sommige mense dit nie amusant gaan vind nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou kompulsiewe Steenbok-streep sal waarskynlik na die hoogste versnelling oorskakel wanneer jy 100% prestasie van jouself – en andere – vereis. Sommige mense sal egter nie jou obsessiewe houding waardeer nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Manipulasie of nuuskierigheid van die kant van familie, vriende of kollegas sal jou nie vandag beïndruk nie. Jy sal hulle moet laat weet dat jou privaat lewe tans net mooi dit is – toetentaal privaat.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

’n Intieme verhouding lyk intens terwyl ’n geliefde die skuldkaart speel. Moenie jou kop onder die sand druk nie! As jy probleme ondervind, moet jy so sê en dinge op ’n diplomatiese manier uitsorteer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.