JOU DAG

Verwag ’n intense dag en let op wat jy sê.

AS JY VANDAG VERJAAR

Gee aandag aan die mense rondom jou. Die volgende 12 maande is die tyd om persoonlike projekte met bevredigende verhoudings te kombineer. Balans is, soos altyd, die sleutel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Kollega of familielid kan jou skuldig laat voel oor die manier waarop jy werkverantwoordelikhede met huishoudelike verpligtings kombineer. As jy met woede reageer, sal jy op die ou end met ’n magstruweling sit.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Iemand kan dalk vandag probeer om jou sover te kry om iets te doen, persoonlik of aanlyn. Moet jou nie te erg bekommer nie. Hou net aan om jou eie ding op jou eie, bestendige manier te doen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy die eerste ding uitblaker wat by jou opkom, sal jy in die moeilikheid beland. Huidige verhoudings en situasies is ingewikkelder as wat dit voorkom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verwag vandag ’n paar magstruwelings in intieme verhoudings. As jy probeer om ander mense te beheer, sal jy op die ou end net gespanne voel. Ontspan, raak rustig en doen dinge tree vir tree.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son vorm ’n ingewikkelde verbinding met Pluto. Moenie ’n primadonna wees, by nuttelose dramas betrek word en ’n klomp probleme veroorsaak nie. Sit  jou hoed van nederigheid op.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of vriend lyk vandag gespanne en frustrerend. Mik daarna om minder rigied en meer subtiel te wees in jou benadering. Heelwat meer is aan die gang.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy dalk familielede vermy? Skeep vandag jou geliefdes op eie risiko af. As ander mense dink jy bring nie jou kant nie, sal hulle jou gou laat uitvind presies hoe hulle voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer dominerend en kras jy is, hoe meer gaan jy teenkanting van die mense rondom jou uitlok. En as jy griewe uit die verlede ophaal, kan dit ook tot konflik met ander mense lei.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Baasspelerige optrede is vandag op die agenda; van jou kant af en van ander mense. Iemand sal moet ontspan en saamwerk, anders sal die dag bloot lank en stresvol bly.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy jou gesag probeer afdwing, veral met geliefdes, hoe moeiliker sal die dag raak. Onthou jy kan nie altyd die baas wees nie. Streef daarna om meer demokraties te wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is mense bewus van al die werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal mettertyd raakgesien word. Moenie vandag gefrustreerd voel as ander mense nie hul waardering toon nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy bly uitstel om ’n besluit te neem? ’n Vriend of kennis kan dalk probeer om jou met mag tot ’n besluit te dwing. Doen dit net as dit is wat jy regtig wil doen. Vertrou jou intuïsie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.