JOU DAG

Jy kan ’n dramatiese dag verwag en pasop wat jy sê!

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volgende 12 maande is ’n uitstekende tyd om ’n nuwe sakeonderneming op te rig. Met ’n dinamiese en waaghalsige benadering sal jy bevredigend vorder.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Kollega of familielid kan jou skuldig laat voel oor hoe jy pligte by die werk met huishoudelike verpligtinge meng. As jy oorreageer, kan jy op die ou end in ’n emosionele tweestryd beland.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Iemand kan dalk vandag probeer om jou sover te kry om iets te doen wat jy nie wil nie – persoonlik of aanlyn. Moenie betrokke raak nie, Bul. Hou net aan om jou eie ding op jou eie bestendige manier te doen.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy jou eerste gedagte uitblaker, sal jy in warm water beland. Verhoudings is op die oomblik uitdagender – en situasies ingewikkelder – as wat hulle met die eerste oogopslag lyk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die Sonsverduistering kan jy ’n paar magspeletjies in persoonlike verhoudings te wagte wees. As jy ander probeer beheer, sal jy op die ou end net hoogs gespanne voel. Probeer dus ontspan en saam met die stroom vloei.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy voel nog altyd die uitwerking van die Sonsverduistering. Moet dus nie ’n prima donna wees nie, moenie betrek word by ander se dramas nie, en moenie ’n hele vrag probleme veroorsaak nie! Wees jy maar liewer die minste.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of intieme vriend lyk stresvol en frustrerend. Mik dus daarna om minder militaristies en meer subtiel in jou benadering te wees. Daar gaan baie meer aan as wat die oog kan sien.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy gesinslede vermy? Vandag sal jy jou geliefdes op eie risiko afskeep! As ander glo dat jy jou kant bring nie, sal hulle jou laat weet presies hoe hulle voel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer dominerend en kras jy vandag is, hoe meer sal mense om jou hulle teen jou verset. As jy ou koeie uit die sloot grawe, sal dit net lei tot konflik met ander.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Post-verduisteringsenergie kan lei tot ’n bietjie ooremosionele gedrag van geliefdes. Probeer dus jou Boogskutter-bes om af te koel en saam te werk, anders sal dit net ’n lang en stresvolle dag wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy jou gesag probeer afdwing – veral met geliefdes – hoe moeiliker sal die dag verloop. Onthou net – jy kan nie altyd die baas wees nie. Probeer dus demokratieser optree.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Stel jy aanmekaar die neem van ’n besluit uit? ’n Vriend of kennis kan dalk probeer om jou tot optrede te dwing. Doen dit net as dit werklik is wat jy wil doen. Vertrou jou intuïsie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Is mense bewus van al die harde werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal later wel opgemerk word. Moet dus nie gefrustreerd voel as ander nie vandag hulle waardering toon nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.