JOU DAG

Gelukkige Valentynsdag, terwyl ons alle soorte liefde vier.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n pittige en vermaaklike persoon. 2020 is die jaar om ’n verhoudingsprobleem op te los en van vooraf te begin.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Gelukkige Valentynsdag, Waterdraer. Jy voel romanties terwyl jy aandag – en geld – uitgee op jou beminde, jou hart op jou mou dra of ’n geheime fantasie met jou geliefde laat afspeel.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie jou maat – of moontlike maat – as vanselfsprekend aanvaar nie, Vis. “Liefde lê nie net daar soos ’n klip nie. Dit moet geknie word soos brood en heeltyd weer oorgeknie word, van nuuts af,” die skrywer Ursula Le Guin.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die liefdesplaneet, Venus, galop deur jou teken; dus is dit tyd om jou wimpers te flikker – of jou spiere te span – en te vra vir dit wat jy wil hê. Sit dan agteroor en pluk die romantiese vrugte.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Romanse is in die lug, maar die energie lê agter die skerms, en dit dui op ’n privaat, toweragtige Valentynsdag. Enkellopendes – wonderlike tekens en onverwagte sinchronisasie kan jou na jou sielsgenoot toe lei.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Voel jy dapper? Jou aanhaling vir Valentynsdag kom van die Chinese filosoof Lao Tzu. “As iemand jou diep liefhet, gee dit jou krag, terwyl om iemand diep lief te hê jou waagmoed gee.”

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Valentynsdag is ’n gepaste tyd om te peins oor die feit dat liefde in die werklikheid die wêreld laat draai. Enkellopende Krewe – vonke is bestem om te spat met iemand wat spontaan en avontuurlik is.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Venus is in jou aspirasiesone; dus moet jy ’n droom kry wat julle saam kan deel. “Liefde bestaan nie net uit na mekaar staar nie; dit bestaan daaruit om saam in dieselfde rigting na buite te kyk” Antoine de Saint-Exupéry.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jou romantiese lewe is tans ’n ernstige saak. Jou aanhaling vir Valentynsdag kom dus van die skrywer William Barclay. “Liefde sluit altyd verantwoordelikheid en opofferings in.”

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Beïnvloed liefde jou beroep of omgekeerd? In 2020 moet jy probeer om ’n bevredigende balans te kry tussen jou romantiese en professionele lewens. Albei dra by tot ’n gelukkiger en gesonder jy!

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Wat jou romantiese lewe betref, moet jy nie oordadig heerssugtig wees nie. Laat ’n bietjie ruimte vir verrassings! Soos die aktrise Loretta Young gesê het: “Liefde is nie iets wat jy vind nie. Liefde is iets wat jou vind.”

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Dit is tyd om intieme verhoudings ’n hoofprioriteit in jou lewe te maak. Jou mantra vir Valentynsdag kom dus van die skrywer George Sand. “Daar is net een vorm van geluk in die lewe, en dis om lief te hê en om liefgehê te word.”

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Vestig jou aandag op jou geliefde terwyl jy hom/haar hierdie Valentynsdag koninklik behandel. Ongelukkige enkelloper? Jy kan dalk jou sielsgenoot deur ’n bekendstelling deur ’n familielid ontmoet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.