JOU DAG

Jy kan ’n kreatiewe – en ietwat verwarrende – dag verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oplettend en slim, maar kan ook baie krities wees. Oor die komende jaar moet jy daarna streef om ander mense – en ook jouself – meer te aanvaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Rustelose Ram – jy gaan gou verveeld raak met jou gewone roetine, so kikker die dag op met ’n paar opwindende nuwe aktiwiteite. Iemand kan jou egter teleurstel met sy/haar tekort aan toewyding.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n goeie tyd om met eendersdenkende siele te vergader, terwyl julle aan ’n gesamentlike projek werk. Maar dinge gaan nie volgens plan verloop nie, so verwag ’n tikkie kreatiewe verwarring en ’n deurmekaarspul langs die pad.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Spontane benadering werk goed met een gesinslid. Maar wat ’n ander familielid betref, moet jy baie meer subtiel te werk gaan. ’n Huidige situasie is nie so eenvoudig soos wat dit lyk nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wat ’n huidige werks- of opvoedingskwessie betref, sal dit beter wees as jy meer kreatief kan wees in jou benadering. Maar kommunikasie met ander sal verwarrend raak. Pas dus aan en probeer duidelik en bondig praat.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit is tyd om ’n kreatiewe Kat te wees, terwyl jy na internasionale vriende of afgeleë plekke kyk vir ekstra inspirasie. Maar moenie ’n belangrike finansiële besluit neem voor jy nie heelwat duideliker kan dink nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Alles is nie vandag soos dit wil voorkom nie, en jy kan dalk vaag en verward voel. As iemand jou iets vertel wat nie heeltemal reg klink nie, moet jy seker maak dat jy alles nagaan voor jy reageer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verwag vandag verwarrende probleme met kollegas of huismaats, Weegskaal. Bring iemand by die werk miskien nie sy/haar kant nie, of doen nie sy/haar regverdige deel tuis nie?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Om gehaltetyd saam met ’n kind, tiener, kollega of nabye vriend deur te bring, word beklemtoon. Maar verwag ’n paar verwarrende misverstande langs die pad. Fokus dus op die dinge wat julle gemeen het.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is gretig om in te storm en ’n werk- of gesinsprobleem op te los, maar is dit die slimste ding om te doen? Deurdink dinge eers en maak seker dat jy nie net inbars en ’n verwarrende situasie vererger nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy verwag dat projekte blitsvinnig moet vorder, gaan jy teleurgestel word. Alles sal langer neem as wat verwag word. En daar sal heelwat versteurende ompaaie deur die dag voorkom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Moenie vandag belangrike geldskuiwe maak nie aangesien Neptunus jou finansiële antennas deurmekaarkrap. As jy nie seker is wat aangaan nie, moet jy so gou moontlik op die hoogte kom met die feite.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is ’n gepaste dag vir die najaging van kreatiewe dinge, maar dis nie so goed vir die verstandige hantering van koue, harde feite nie. So, gee jou oor aan jou verbeeldingryke sy, Visse, maar los praktiese projekte vir ’n ander dag.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.