JOU DAG

Mars is nou in die Bul,  en dit bevoordeel praktiese projekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n slim en nuuskierige kop. 2019 is die jaar om meer orde en roetine in jou daaglikse lewe te kry.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Het jy geldsake op die brein? Jou heerser Mars moedig jou aan om heelwat meer proaktief    te wees ten opsigte van jou geldelike portefeulje. Kry dus slim, nuwe maniere om besteding te beperk en kontantvloei aan te help.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Mars, die aksieplaneet, is nou in die Bul, en jy bly daar tot 31 Maart. Dit is dus tyd om op te hou met leeglê en baie meer gemotiveerd en proaktief te raak terwyl jy idees aan die gang sit, met projekte begin en vooruit beur.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Met Mars tot 31 Maart in jou misteriesone, word jou verbeeldingryke, intuïtiewe en selfbespieëlende sy beklemtoon. Maak dus seker dat jy jou energie na kreatiewe en spirtuele strewes kanaliseer.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Groepsaktiwiteite en gesamentlike ondernemings word in besonder bevoordeel, terwyl jy met eendersdenkende mense wat sukses behaal, kontak maak. Dit is ook tyd om jou drome vir die toekoms met vriende te deel – persoonlik, sowel as aanlyn.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die dinamiese Mars is in jou beroepsone. Jy moet dus ’n dapper Leeu wees, die inisiatief neem en dinge laat gebeur. Wys aan jou werkskollegas hoe briljant jy kan brul!

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Mars aktiveer jou avontuursone, so begin dink aan waarheen jy sal gaan vir jou volgende hemelse vakansie. En moenie net idees bespreek nie. Dis tyd om die daad by die woord te voeg en oor te gaan tot ferm optrede!

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Moenie vinnige gevolgtrekkings maak ten opsigte van dit wat geliefdes dink en voel nie, Weegskaal. Neem liewer jou tyd om verby uiterlike voorkoms te kyk, terwyl jy dinge op ’n grondigper manier ondersoek.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die proaktiewe Mars moedig jou aan om heelwat meer gehaltetyd op praktiese maniere te wy aan die versorging van intieme verhoudings. Skep ook nuwe vriendskappe met eendersdenkende mense - persoonlik, sowel as aanlyn.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES. 

Dit is tyd om proaktief te raak met die verbetering van jou gesondheid via ’n meer voedsame dieet en ’n meer dinamiese oefenroetine. Maak ook seker dat jy byhou met al jou mediese ondersoeke. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Die magtige Mars beweeg jou deur mede-aardteken, die Bul. Dit is nommerpas vir werk wat volharding, ’n gedissiplineerde kop, goeie konsentrasie en fyn aandag aan detail verg. Steenbok-hemel!

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Moenie net daar sit en kyk hoe ’n huishoudelike situasie prut nie. Dit is tyd vir ferm optrede! Die dinamiesze Mars moedig jou aan om meer proaktief te wees ten opsigte van gesinsverhoudings en jou huislike lewe.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Met Mars in jou kommunikasiesone, is jy in die bui om te klets.   Moet egter nie vinnige gevolgtrekkings maak  nie – veral ten opsigte van ’n buurman of familielid. Jy het nie al die feite beskikbaar nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.