JOU DAG

Druk vandag jou oorspronklike idees en individualiteit uit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sjarmante en vermaaklike geselskap – as jy in die luim is daarvoor. Die volgende 12 maande is die tyd om minder eenkant en heelwat meer betrokke te wees.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Is jy gefrustreerd omdat jou verwagtings en drome nie bewaarheid word nie? Hou op om omstandighede of ander mense te blameer! Jy moet besef dat jy die mag in jou hande het om jou drome ’n werklikheid te maak.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die dinamiese Mars – jou magsplaneet – verbind met die onverskrokke Uranus. Dit is dus ’n goeie dag om in die buitelug te oefen, ’n opwindende professionele projek aan te pak of op ’n groot avontuur te gaan!

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die planete druk jou om meer avontuurlik te wees! Jou motto vir die dag kom dus van die beroemde skrywer Anaïs Nin, wat ook vandag verjaar. “Dit kos moed om jouself te stoot na plekke waar jy nog nooit voorheen was nie.”

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die dag sal goed afloop as jy dinamies agter die skerms werk, dinge waarneem en die krag agter die troon kan wees. Jy kan ook jou toekoms herskep deur jou drome radikaal te hernieu.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Hoe meer moeite jy aan die skep en kommunikasie van jou ambisies vir die toekoms  wy, hoe meer sukses sal jy behaal.  Een van jou geliefdes het met ’n skeppende idee vorendag gekom, dus moet jy gaan sit en mooi luister!

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Dit is aan die kragtige Mars/Uranus-verbinding te danke dat jy in die bui is om passievol, proaktief en kreatief te wees. Moet dus nie ’n enkele waardevolle minuut verspeel nie, terwyl jy persoonlike krag tot almal se beswil aanwend.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Is daar probleme by ’n verhouding in jou lewe? Mars en Uranus moedig jou aan om die manier waarop jy met hierdie persoon omgaan, te verander. Wees dus dapper, suiwer die lug, en dan kan julle albei aanbeweeg.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Maak seker dat jy jou verwagtings ten opsigte van ’n verhouding duidelik aan ander mense oordra, veral aan gesinslede. En moenie verskoning maak vir die uitdruk van individuele menings en persoonlike oortuigings nie.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV. 

Jy kan ’n produktiewe en kragtige vloei van kommunikasie te wagte wees – persoonlik, sowel as aanlyn. Dit is dus die perfekte tyd om met ander mense kontak te maak en deel te neem aan ’n paar avontuurlike en aanvegbare gesprekke.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die impulsiewe Mars en Uranus aktiveer jou spontane Boogskutter-sy, so spring uit jou gewone roetine en doen iets anders. Maak seker dat jy ’n avontuurlike vriend of kollega met jou saamneem!

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

As jy met ander mense te doen het, het jy positiewe Mars/Uranus-krag aan jou kant. Jou geheime wapen is  geloof in jouself, terwyl jy kuier en netwerke vorm op jou eie, hoogs individuele, Steenbok-manier.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Dit is tyd om proaktief te raak ten opsigte van jou Waterdraer-versugtinge vir die toekoms. Reis en opvoeding word in die besonder begunstig, terwyl jy jou denke uitbrei om avontuurlike nuwe aktiwiteite in te sluit.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.