JOU DAG

Vandag se motto? Geluk wag op dié wat moedig en dapper is!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is idealisties en toegewy, maar kan ook oorkrities wees. Maak seker dat jy in 2019 gereelde rustye en ontspanning by jou roetine voeg.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die sterre spoor jou onafhanklike streep aan en vuur jou behoefte na vryheid en avontuur aan. Maar hulle kan ook jou kortaf en baasspelerige sy na vore bring. Strewe dus daarna om vandag ’n diplomatiese waaghals te wees!  

BUL, 21 APR.-21 MEI

Moenie jouself toelaat om ’n verveelde Bul te raak nie. ’n Nuuskierige en proaktiewe benadering sal heelwat pizzazz tot jou dag bydra. En maak seker jy kry ’n bietjie oefening, verkieslik buite in die vars lug.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Wat ’n probleem met ’n kollega of geliefde betref, is duidelike kommunikasie die sleutel tot ’n bevredigende eindresultaat. Moenie vandag ’n blitsbesluit neem nie. Vat jou tyd en deurdink dinge goed.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Wat werk en besigheidsake betref, moet jy nie oormatig versigtig wees nie. As jy te lank talm, sal jy gelukkige geleenthede misloop wanneer hulle opduik. Dikwels vanuit die mees onverwagte oorde.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Alle soorte reis word bevoordeel, terwyl jy jou gewone horisonne uitbrei en jy jou op opwindende nuwe terrein begeef. Studies, opvoeding, sosiale netwerk en vriendskappe sal ook vandag jou wêreld verbreed.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Maagde is sulke perfeksioniste, maar vandag gaan dinge nie volgens jou skedule verloop nie. As jy by veranderende omstandighede aanpas – en onderbrekings met grasie aanvaar – sal jy goed regkom.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Weegskale is in die bui vir studeer, leer, reis, ontdek en kommunikeer – veral via sosiale media. Maar as jy ’n vinnige kommentaar stuur, kan jy dalk later jou impulsiwiteit berou.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Is jy te opdringerig? Kry vandag op slim en subtiele maniere krag van agter die skerms. Om ’n ystervuis in ’n fluweelhandskoen te wees is beter as om mense af te skrik met jou Skerpioen-intensiteit.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jou heerserplaneet en Mercurius is vandag haaks met mekaar. Vermy dus die neiging om baasspelerig, reguit en bombasties te wees. As jy oormatig impulsief raak, kan jy iets doen of sê waaroor jy later spyt is!

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Die luuksheidsbehepte Venus besoek jou teken, en dit kan jou oordadigheid en luiheid verhoog. Om te ontspan en pret te hê is goed, mits jy eers dringende werk en belangrike take afgehandel het.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB. 

Jy is meesterlik daarmee om meer as een ding op ’n slag te doen, maar probeer om huidige projekte klaar te kry voor jy die volgende klomp van stapel stuur. Met Saturnus wat jou afsonderingsone besoek, is dit ook tyd vir bietjie ernstige solo-nabetragting.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Doen vandag jou bes om gevestig te bly. Kanaliseer ook jou deernis en kreatiwiteit na projekte wat tot praktiese resultate sal lei. Maar weerstaan die drang om buitensporig te werk te gaan met geld en/of krediet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.