JOU DAG

Die sterre is ten gunste daarvan dat jy op slim en onverwagte maniere kontak maak met ander mense.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet oor die komende jaar die neiging onderdruk om jou deur nietighede te laat pla. Met ’n groter perspektief en heelwat geduld, kan jy jou drome bewaarheid.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die son is nou in die Maagd in jou daaglikse roetinesone. Probeer om alles mooi agtermekaar te kry en onvoltooide sake af te handel voor jou heerserplaneet, Mars, volgende week vorentoe beweeg.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die son skyn in jou selfuitdrukkingsone. Dit is tyd om jou kreatiwiteit uit te druk deur middel van skryf, sang, dans, toneelspel, skilder of musiek speel. Waardeer ook die kunstige pogings van ander mense.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die fokus is op gesinsake aangesien die son jou tuistesone verlig. Dit is die volmaakte tyd om op die hoogte te kom met huishoudelike pligte en ’n spesiale viering in die nabye toekoms te beplan.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mars beweeg agteruit deur jou verhoudingsone. Kommunikasie met geliefdes gaan tot Maandag problematies bly. Probeer om nou ou kwessies op te los sodat julle volgende week van voor af kan begin.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son skuif die klem na finansiële sake. As jy proaktief en produktief is en professionele raad inwin, sal jy ’n gemaklike neseier vir die toekoms kan skep.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie in jou gewone Maagd-roetine vasval nie. Dit is tyd om jou rooster met ’n paar spesiale sonnige kontakte op te kikker terwyl jy met familie en vriende gesels en kuier.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Onopgeloste kwessies kan dalk uit die verlede terugkom om jou uit te daag. Moenie verbouereerd raak nie. Maak ’n punt daarvan om die kwessies eens en vir altyd op te los. Dan kan jy na ’n skoon bladsy omblaai en met jou lewe aangaan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die son beur deur jou verwagting- en versugtingsone. Probeer passievol kreatief wees ten opsigte van jou doelwitte en drome vir die toekoms. Streef daarna om kontak te maak met eendersdenkende siele.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son skyn in jou werk- en reputasiesone, dus moet jy jouself gelukwens met die mate waartoe jy gevorder het. Maar Saturnus, die baas, moedig jou aan om finansieel heelwat meer gedissiplineerd te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy dink aan die toekoms en is gretig om jou moue op te rol en deur projekte te stoom. Maar Mars is steeds in trurat tot Maandag. Maak tyd om onvoltooide sake te hersien en af te handel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dier Waterdraer-maan bevoordeel onafhanklikheid terwyl jy op die een of ander wyse jou eie weg baan. Wat ’n raaiselagtige probleem betref, moet jy aanhou delf tot jy die oplossing kry waarna jy soek.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die son besoek tans jou verhoudingsone. Dit is tyd om terug te staan en jou geliefdes te laat skyn. Hoe meer jy hul pogings aanmoedig, hoe beter sal dit raak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.