JOU DAG

Geluk wag vandag op diegene wat kordaat en dapper is.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2019 moedig die planete jou aan om op die toekoms te fokus. Maar moenie toelaat dat jou aandag afgelei word nie. Konsentreer met passie en doelgerigtheid op jou doelwitte.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal vandag rusteloos voel omdat Mars en Jupiter jou reissone aktiveer. Dit is dus die perfekte tyd om weg te breek vir ’n groot avontuur of om ’n opwindende reis vir die nabye toekoms te beplan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer eerlik en reguit jy teenoor familie en vriende is, hoe beter sal die dag raak. Maak ook seker dat jy ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n baie spesiale persoon – jouself – deurbring!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy moet oorsese invloede deur middel van vriende en die internet absorbeer. Jou gedagtes dwaal ook na jou verwagtings, drome en versugtings vir die toekoms. Hoe meer gemotiveerd jy is, hoe meer suskes sal jy behaal.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Probeer jy ’n projek van stapel stuur? Jy moet jou voorberei, Kreef. Met Mars en Jupiter wat jou selfvertroue ’n welkome hupstoot gee, is dit tyd om vas te byt en aan die gang te kom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Paar kaskenades met ’n kind, tiener of intieme vriend kan moontlik voorkom. Moed en selfvertroue sal jou ver bring wat ’n sportbyeenkoms, nuwe stokperdjie of kreatiewe projek betref. 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

’n Huishoudelike kwessie verg vandag jou energie en geesdrif. Doen dus jou bes om gesinslede gemotiveerd te kry terwyl julle jul kragte saamspan en tuis onthaal of ’n besonderse selfdoenprojek aanpak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is in geselsmodus aangesien Mars en Jupiter jou kommunikasiespiere aanroer. Jy is gretig om die jongste nuus in jou buurt te hoor, maar moenie meegevoer raak en skinderstories versprei nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars en Jupiter aktiveer jou welsynsone. Dit is dus ’n uitstekende dag om tyd in die buitelug deur te bring met aktiwiteite soos draf, fietsry, stap of net in jou plaaslike park te gaan wandel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie uitstel nie, Boogskutters. Jupiter en Mars stimuleer jou teken; dus is dit tyd om ’n leierskapsrol te aanvaar terwyl jy toenemend op dinamiese en proaktiewe maniere kommunikeer en optree.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die positiewe Mars/Jupiter-verbinding sal vandag jou selfvertrouevlakke verhoog, Steenbok. Dit is dus ’n uitstekende tyd om gemotiveerd te raak en te sorg dat dinge so gou moontlik aan die gang kom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Is jy professioneel proaktief? Mars en Jupiter stimuleer vandag jou netwerksone. Jy moet dus dinamiese nuwe maniere bedink om met kollegas, kliënte of klante te werk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die sterre is ten gunste  daarvan dat jy minder sentimenteel en meer proaktief te werk gaan. Veral wat geldsake betrek, moet jy liefs nie passief wees nie, maar eerder optree.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.