JOU DAG

Die Maan is sy pad byster, so dinge gaan verlangsaam.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n baie doelgerigte geaardheid. Januarie is die beste maand om by ’n afspraakwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is nie ’n goeie dag om ’n ambisieuse plan of ’n opwindende nuwe projek van stapel te stuur nie. Dinge gaan bietjie stilstaan en energievlakke gaan laag wees. Sit dus ’n bietjie terug, wag jou tyd af en wees ’n geduldige Ram!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan dalk vandag afgemat en ontmoedig voel. Moenie jou tyd met bekommernisse mors nie! Gebruik liewer die dooie tyd om jou pap batterye te herlaai. Dan kan jy môre aanbeweeg, fris en vars.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Gekoesterde doelwit of droom verg baie meer beplanning as wat jy eers gedink het. Dit is alles goed en wel, Tweeling. Konsentreer daarop om die proses te geniet, eerder as om net op die bestemming te fokus.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus en Pluto druk jou om hard te werk aan vennootskappe, en om verhoudingsverantwoordelikhede met ’n glimlag te vervul. Ongelukkige enkelloper? Soek langtermynliefde by iemand wat emosioneel volwasse is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Aktiwiteite mag dalk vandag tuis, by die skool of by die kollege skynbaar sleur. En jou Leeu-energievlakke sal laag wees. Moet dus geen groot projekte of take te aanvaar voor jy nie lewendiger voel nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan dalk vandag ’n bietjie alleen of eensaam voel, aangesien familie en vriende nie besonder gesellig is nie. Dit is dus die perfekte dag om ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n spesiale persoon – jouself – te geniet!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit kan dalk vandag voorkom asof  ’n gesamentlike projek of gekoesterde droom nie vorder nie. Moenie stres en hiperventileer nie, Weegskaal! Raak liewer rustig en kyk weer na dit wat jy eintlik probeer bereik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met Jupiter in jou teken – tot 8 November – is dit tyd om op groot skaal te dink! Jou huidige motto kom dus van vandag se verjaardagvrou, Martha Stewart. “Sonder ’n oop kop gaan jy nooit sukses behaal nie.”

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die Maan stagneer aktiwiteit in jou kreatiwiteit-, stokperdjie-, kinder- en vriendskapsone. Moet dus nie probeer om dinge kunsmatig aan te jaag nie. Verlaag liewer jou spoed en koester elke tree en ervaring wat jou teëkom.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met die perfeksionistiese Saturnus en strategiese Pluto wat deur jou teken beur, is dit baie belangrik om georganiseerd te bly. Soos vandag se verjaardagvrou, Martha Stewart, gesê het “Die lewe is te ingewikkeld om nie ordelik te wees nie.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die Maan vertraag alles in jou sosialemediasone. So neem jou tyd om selfondersoek te doen, eerder as om jou aandag deur uiterlike dinge te laat aflei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met jou heerserplaneet, Neptunus, wat nog steeds deur jou teken dwaal, moet jy nie ophou op te verander en buigsaam te wees nie. Soos Martha Stewart opgemerk het “Hoe meer jy aanpas, hoe interessanter is jy.”

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.