JOU DAG

Vandag se sterre laat dissipline en avontuurlikheid gunstig lyk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Reis en/of studie wink in die volgende jaar. Maak seker jy bly kalm en georganiseerd sodat jy jou planne volgens veranderende omstandighede kan aanpas.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om heelwat te vermag, maar moenie te veel verantwoordelikhede aanvaar nie. Laat volop ruimte in jou vol rooster vir ’n spontane avontuur of twee.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat jou toekomsverwagtings betref sal ’n kombinasie van geesdrif en volharding jou ver bring. Uranus moedig jou aan om na moontlikhede te kyk wat jy nog nooit voorheen oorweeg het nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Emosies en energievlakke sal vandag wissel; pas daarby aan. Het jy probleme met ’n geliefde? Hoe praktieser jy is in jou soeke na ’n oplossing, hoe beter sal alles raak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre stimuleer jou natuurlike weetgierigheid. Wat ’n verhoudingsprobleem betref, moedig Mars, Saturnus en Pluto jou aan om meer proaktief en geduldig te wees terwyl jy ’n langtermynoplossing soek.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy het vandag sake op die hart wat werk, opvoeding of vrywillige werk insluit. Uranus help jou om kwessies met swier te benader. Saturnus sal jou help om meer te volhard as gewoonlik.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n voortslepende probleem met ’n kind, tiener of vriend betref, moet jy nie instorm en ’n sensitiewe situasie opmors nie. Meer geduld is nodig as jy wil help eerder as hinder.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Gesinslid hou aan om jou met hul hardkoppige en verouderde houding te frustreer. As jy proaktief, geduldig en volhardend is, sal jy hulle eindelik oortuig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Produktiewe kommunikasie word beklemtoon. Die vonke spat tussen jou en ’n eendersdenkende siel. Moenie verwag om oor alles saam te stem nie. Saturnus moedig jou aan om alle inligting deeglik na te gaan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Skeppende benadering is voordelig ten opsigte van sakekwessies en finansies. As ’n probleem jou pla, moet jy proaktief en prakties wees in jou soeke na ’n langtermynoplossing.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Kanaliseer jou natuurlike leierskapseienskappe na ’n dinamiese en produktiewe projek. Die positiewe maan/Saturnus-trigoon moedig jou ook aan om take op ’n geesdriftige en deeglike manier af te handel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou huidige motto kom van die bekende liedjieskrywer/sanger Van Morrison, wat vandag verjaar: “Geen swart-wit-situasie bestaan nie. Dit is alles deel van die lewe; hoogtepunte, laagtepunte en dinge tussenin.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy vandag kommunikeer, veral deur die sosiale media, moet jy probeer om nie haastig te raak nie. As jy ’n slim strategie vorm en dinge goed deurdink, sal jou boodskap meer diepte en trefkrag hê.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.