JOU DAG

Benut vandag die gelukkige groot aarde-trigoon tussen Mercurius, Saturnus en Uranus ten volle.

AS JY VANDAG VERJAAR

Omdat jy op die sterreteken se dag van suksessoekers gebore is, is jy ywerig en vasberade. Die jaar wat voorlê  is die jaar om meer gehaltetyd saam met familie en intieme vriende deur te bring.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Alle soorte professionele en persoonlike projekte lyk gunstig. Jy pak moeilike uitdagings met inisiatief en selfvertroue aan. Maak seker jy maak van abstrakte idees ’n werklikheid.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Besige Bulle voel ongewoon impulsief; moenie vinnige afleidings maak nie. Reis, studie en kreatiewe projekte sal jou vandag besig hou en vermaak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Berei jou voor op ’n briljante oomblik van helderheid. Vandag se sterre sal jou spirituele soepelheid aanhelp. Maak seker jy skakel jou vae idees in tasbare en produktiewe projekte om.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kreatiewe kommunikasie en skeppende idees sal jou vandag ver bring. Jy kan ook dalk onverwags welkome nuus deur die sosiale media of ’n verrassende oproep kry.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dit kan dalk wat ’n werkverhouding of vriendskap betref voel asof jy reeds bewerkte grond ploeg, maar dit is noodsaaklik. ’n Positiewe houding en goeie kommunikasie sal help.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Studie, sport, reis en vriendskappe lyk gunstig. Jy is ook geestelik wakker en kan vinnig besluite neem. Weerstaan die versoeking om meer te belowe as wat jy in werklikheid kan lewer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit kan op die oppervlak voorkom asof jy selfvertroue kort, maar jy het ’n stil, innerlike selfvertroue wat eindelik na vore kom. Jy moet vandag jou intuïsie toelaat om die regte rigting aan te dui.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dit is tyd om blatant reguit en optimisties te raak terwyl jy met kreatiewe flair kommunikeer. As jy nie self jou talente vertrou nie, sal niemand anders jou lof besing nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre lyk gunstig vir skeppende idees; moenie net vol mooipraatjies wees nie. Jou huidige motto kom van Walt Disney, wat ook onder die teken van die Boogskutter verjaar het: “Hou op praat en begin doen.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die groot aarde-trigoon sal jou vandag help om take met ekstra energie en ywer aan te pak. Jy sal deur beplanning, studie en navorsing beur en daarby baat vind om nuwe idees in die praktyk om te skakel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Die sterre moedig jou aan om vas te byt en ’n opwindende besluit te neem. Soek skeppende strategieë wat met die huidige stand van sake kan saamsmelt. Oud en nuut kan goed saamwerk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal vandag ekstra opgewonde en vol energie voel en gesprekke sal elektriese afmetings aanneem. Gebruik jou spirituele vermoëns en kommunikasievaardighede om projekte van stapel te stuur en ander te inspireer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.