JOU DAG

Opvoeding, reis, sport en kommunikasie word vandag bevoordeel.

AS JY VANDAG

VERJAARSit ’n bietjie stiltetyd opsy vir nabetragting, terwyl jy terugkyk na die verlede en doelwitte stel vir 2019. Jy sal ook waardevolle insig kry in ’n huidige finansiële aangeleentheid.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag belangrike kwessies vermy nie. Wees dapper en probeer om kommunikasieprobleme so gou moontlik uit te stryk. Hoe liefdevoller en vrygewiger jy is teenoor jou geliefdes, hoe beter sal jou dag wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Vandag se sterre skyn ’n helder kollig op jou beroeps- en werkvooruitsigte. Moenie jouself onderskat nie. Dit is tyd om aan ander te wys dat jy uitdagings, stres en ekstra verantwoordelikhede kan baasraak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Groepaktiwiteite word beklemtoon aangesien die planete jou help om in te zoem op wat ander mense dink en voel. Dit is ook ’n goeie tyd om jou internasionale kontakte uit te brei.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met ’n positiewe aansporing van die planete is dit ’n wonderlike tyd om aansoek te doen om ’n werk of bevordering. Die geluksgodin is aan jou kant.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

’n Kreatiewe vennootskap word vandag bevoordeel, terwyl jy ’n positiewe benadering met ’n gesonde sakebrein kombineer. Verbonde Leeus, dit is die volmaakte aand om ’n romantiese ete vir twee te beplan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is ’n uitstekende dag om deur professionele projekte te beur, saam met kollegas oor die internet te werk en met aanlyn vriende kontak te maak. Kyk ook na wat in jou plaaslike gemeenskap aangaan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Alle soorte vriendskappe word bevoordeel, veral kontakte met kreatiewe vriende en kollegas. Maak dit ook ’n prioriteit om ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n spesiale kind, tiener of vriend deur te bring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Geld, familie en werk lyk vandag gunstig. Die planete kan ’n gelukkige geleentheid na jou kant toe stuur. Maar jy moet gereed, gewillig en in staat wees om in te spring en dit met albei hande aan te gryp.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son verbind met Jupiter, die geluksplaneet; dus is geluk aan jou kant. Maar wat geldsake en hulpbronne betref, vereis Saturnus dat jy reeds al die nodige voorbereidings gedoen het.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wees op die uitkyk vir ’n gelukkige geleentheid, maar dit sal nie nou dadelik sigbaar wees nie. Dit wag vir jou op ’n onwaarskynlike plek of in die vorm van iemand wat stilletjies agter die skerms werk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is haastig om jou boodskap uit te dra en ander mense is gretig om te hoor wat jy te sê het. Maar as jy oorhaastig raak, kan jy die verkeerde boodskap uitdra. Wees versigtig, veral as jy die sosiale media gebruik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat jou persoonlike aspirasies betref, sal jy vandag ekstra rusteloos en stroomop voel. Die planete verhoog jou selfvertrouevlakke en moedig jou aan om ambisieuse doelwitte vir die toekoms te stel.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.