JOU DAG

Venus, die liefdesplaneet, beweeg tot 16 November agteruit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is opdringerig en impulsief. Desember en Januarie is die beste maande om verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus beweeg steeds agteruit deur jou vennootskapsone; dus sal dit oor die volgende sewe dae moeilik wees om ander mense gelukkig te hou. Enkellopende Ramme – die liefde sloer, maar wees net geduldig.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die volgende sewe dae is nie die ideale tyd om met ’n dieet te begin, by ’n gimnasium aan te sluit of aansoek om ’n nuwe werk te doen nie. Die agteruitbewegende Venus sal waarskynlik jou planne stuit. Wees dus geduldig en wag nog ’n week.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Venus wat agteruit deur jou liefdesone beweeg, kan jy oor die volgende sewe dae ’n paar haakplekke op romantiese gebied verwag. ’n Verhouding met ’n kind, tiener, ouer of intieme vriend/in kan ook wankelrig verloop.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan die volgende week ’n bietjie wrywing in die gesin verwag aangesien Venus, die vredesplaneet, agteruit deur jou tuistesone beweeg. Maar hoe meer diplomaties jy is, hoe beter sal die uitslae wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy moet oor die volgende sewe dae baie versigtig wees wat die sosiale media betref – veral die persoon met wie jy daarin kontak maak. Iemand met die potensiaal om ’n romantiese of sakevennoot te raak, kan jou ook teleurstel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus beweeg steeds agteruit deur jou geldsone; dus is dit ’n goeie tyd om jou finansiële situasie in oënskou te neem. Met noukeurige navorsing en ’n verantwoordelike ingesteldheid kan jy dinge geleidelik omkeer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Venus beweeg nog ’n week lank agteruit deur jou teken. Dit sal dus voel asof jou selfvertroue en/of liefdeslewe ietwat onstabiel is. Die tyd is nie reg vir ’n radikale nuwe haarstyl of om jou klerekas aan te vul nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus, die liefdes- en geldplaneet, is steeds in trurat. Dus moenie die volgende week groot romantiese besluite neem of duur artikels koop nie. Bly eerder geduldig en wag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus, die partytjieplaneet, beweeg nog ’n week lank agteruit; dus sal jou sosiale kalender nie so vol wees soos gewoonlik nie. Jy sal agterkom dat klein, intieme byeenkomste gewilder is as groot, lawaaierige partytjies.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus beweeg tot 16 November agteruit deur jou beroepsone. Jy kan dus probleme optel met ’n baas, kollega, kliënt of klant. Hoe geduldiger jy is, hoe beter.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Venus, die plesierplaneet, beweeg die volgende sewe dae agteruit deur jou reissone. Dit is dus nie die ideale tyd om ’n naweekwegbreek te beplan nie. As jy dit wel doen, sal alles nie heeltemal vlot verloop nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie geld aan ander mense leen nie, want Venus beweeg tot 16 November agteruit deur jou geldsone. Dit is ook nie die regte tyd om aansoek om ’n persoonlike lening te doen nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.