JOU DAG

Baie mense sal vandag ongeduldig en rusteloos wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie toegee aan die neiging om jou vandag van ander mense af te sonder nie. September en Januarie is die volmaakte maande om saam met familie, vriende en kollegas te kuier.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vurige geesdrif is aansteeklik terwyl jy jou verwagtings, drome en versugtings vir die toekoms hersien. Maar stadig oor die klippe, anders loop jy dalk jou rieme styf. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Hoe hardkoppiger jy is, hoe meer uitdagings sal die dag vir jou inhou. As jy buigsaam is en jou intuïsie volg, sal jy ’n stimulerende en aangename dag vol verrassings hê.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie toelaat dat vals vriende jou op die breë pad na moeilikheid lei nie. Onthou net spontane pretmakery kan in ’n deurmekaarspul ontaard. Dink dus vandag twee keer voor jy optree, Tweeling.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krappe voel tans roekeloos! Laat jou enjin luier en sit net en wag, anders kom daar ’n hoofpyn, argument of ongeluk. Probeer liewer stoom afblaas deur die een of ander soort strawwe oefening.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die planete slaan vir julle ’n draaibal, Katte – maar dis niks wat julle nie kan vang nie. Bly op jul tone, want werkskwessies is onseker. Soek jy werk? Jy sal dit kry op ’n plek waar jy dit die minste verwag.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis die perfekte dag om jou gewone werk- of huishoudelike roetine te verander. Maar gesinslede, vriende en kollegas sal onvoorspelbaar wees. Hou dus jou aanpassingspiere goed geoefen.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Verwag die onverwagte wat geldsake betref. Jou intuïsie word aangevuur, so maak seker jy gebruik dit. En gee behoorlik aan jou drome aandag. Probeer dit dalk vir jou iets sê?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Intieme verhoudings verg tans baie van jou tyd en energie. Hou die kommunikasiekanale oop, veral met werkskollegas. En maak seker jy leef in die hede.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy’s in die luim om alles te oordoen, want jy bestuur te vinnig, praat te hard, gee te veel geld uit en beloof meer as wat jy kan lewer. Stadig oor die klippe, anders sal almal op die ou end teleurgesteld wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Daar is moontlik ’n groot gaping tussen dit wat jy begeer en dit wat jou geliefdes verwag. Praat dinge uit. Jy sal jou op ’n onvoorspelbare terrein bevind indien jy aannames maak voor jy die feite nagegaan het.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou voortvarende streep kan jou vandag moontlik in die moeilikheid bring – persoonlik, sowel as aanlyn – terwyl jy verwagtings of die status quo uitdaag. Jy’s altyd een tree voor die massa!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal nie vandag alte prakties voel nie, Visse. Ontsnap om hemelsnaam na ’n ongelooflike fantasiewêreld, maar maak seker dat jy, wanneer nodig, na die werklikheid kan terugtree. Veral by die werk.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.