JOU DAG

Jupiter, die opleidings-en-reisplaneet, beweeg tans weer vorentoe.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou vriendelike en samewerkende geaardheid trek ander na jou toe aan. Die komende 12 maande is die tyd om minder selfvoldaan en meer proaktief te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jupiter beweeg vorentoe in jou geld-van-ander-sone. Jy kan dus in die komende paar maande voordeel trek uit ’n erflating, lening, geskenk, egskeidingsbevel, versekeringseis of buitengewone belastingterugbetaling.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jupiter stoom deur jou vennootskapsone; dus moet jy probeer om meer empatie en vrygewigheid teenoor jou geliefdes te toon. Probeer sommer ook om ’n troebel verhouding uit ’n meer filosofiese oogpunt te beskou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jupiter aktiveer jou welsynsone. In die komende maande is dit goeie nuus vir jou liggaamlike en emosionele welsyn. Maar die voorwaarde is: Jy moet dissipline aan die dag lê.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Heelwat Krappe sal in die komende paar maande met sport of ’n stokperdjie begin, ’n vuurwarm romanse aan die gang sit, met ’n betowerende vakansie gaan of ’n nuwe toevoeging tot die gesin verwelkom. Kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter is daarop uit om jou huishoudelike horisonne te verbreed. Jy sal dus oor die volgende maande eiendom koop of verkoop, verhuis, ’n nuwe huismaat kry of jou plek opknap met die oog op meer ruimte.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter seën kommunikasie; dus kan jou profiel in die sosiale media werklik aan die gang kom. En een van jou foto’s kan selfs soos ’n veldbrand versprei word. Maak dus seker dat jy hope slim onderwerpe, wat van aktuele belang is, het om te deel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Het jy jou oor finansiële probleme verknies? Jupiter stoom die komende paar maande deur jou geldsone. Benut dus die gelukskote wat jou kant toe kom ten beste.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die gelukkige Jupiter beweeg tans vorentoe deur jou teken. Maak dus seker jy benut die energie-opwelling en gelukskote wat dit meebring. Selfvertroue sal jou ver bring!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter verbreed jou geestelike perspektief; dus sal jy moontlik in die komende twaalf maande met meditasie of joga – of die een of ander metafisiese studie – begin. Jy kan altyd iets nuuts byleer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dis ’n goeie dag om planne te maak en doelwitte te stel. En moenie alte veilig en verstandig wees nie! Reik na die sterre aangesien Jupiter jou help om ambisieuse drome te visualiseer en kreatiewe planne van stapel te stuur.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jupiter, die planeet van gelukslae en vooruitgang, beweeg tans vorentoe in jou loopbaansone. Dit is in die komende maande ’n goeie teken vir bevordering, ’n nuwe betrekking of ’n gelukslag wat werk betref.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jupiter beweeg vorentoe in jou reissone; dus wink verre strande. Begin nou beplan aan jou reis. Dit is ook belangrik om op die hoogte te bly met jou buitelandse kontakte.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.