JOU DAG

Vandag se gelukkige sterre bevoordeel persoonlike bemagtiging, opvoeding en verandering.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is braaf en spitsvondig. Desember en Januarie is die beste maande om by ’n aanlyn afspraakklub aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal vandag die kans kry om ander mense op die een of ander manier te lei of te beïnvloed. Moet dit nie verspeel nie. Mense maak daarop staat dat jy jou kant bring, so spring aan die werk, Ramme, en moet hulle nie teleurstel nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die Geluksgodin is aan jou kant en vriendskappe word veral bevorder terwyl jy kontak maak met ’n maat wat naby of ver bly. Maar jy moenie ’n impulsiewe besluit neem nie. Gebruik jou tyd en deurdink dinge.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Gelukskoot wat geld betref, wag om die draai via ’n nuwe werk, ’n bonus of ’n geskenk. Maar moenie uitstel nie. Span jou netwerk- en sosiale vaardighede in om werk te kry en moenie huiwer om ander mense om hulp te vra nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alle soorte vennootskappe kry vandag ’n welkome hupstoot. Jupiter en Pluto verhoog optimisme en help jou om ’n wankelrige verhouding te red en te hervorm.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jupiter en Pluto beklemtoon jou familie- en beroepsones; dus is jy gretig om met ander mense in verbinding te kom. Dit is derhalwe ’n fantastiese dag om idees aan die gang te sit en golwe te maak in jou invloedsfeer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Reik uit en help ander mense – in jou familie- en vriendekring, sowel as in jou plaaslike gemeenskap. Die gemeenskaplike verbindings wat jy nou maak, sal jou in die toekoms baat.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Vermy kitsoplossings wat ’n gesinskwessie betref. As jy al die nodige huiswerk of navorsing doen, sal sukses volg. Soek feite wat diep onder die oppervlak verberg is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Jupiter- of Pluto-verbinding is fantasties vir werk, studie, besigheid, reis en geldaangeleenthede. Die Geluksgodin is beslis aan jou kant terwyl jy positiewe veranderings maak en nuwe uitdagings aanvaar.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy’s in die luim om te kuier en jouself te bederf terwyl jy verenigbare gesprekke en die klein luukshede van die lewe geniet. Vir sommige gelukkige Boogskutters sal ’n kreatiewe idee jul bankbalans ’n hupstoot gee.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Jupiter-Pluto-kombinasie is goeie nuus vir Steenbokke. As jy strategie met spontaneïteit kan balanseer, sal jy munt kan slaan uit gelukskote wat verbykom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Invloedryke mense is bereid om jou te help. Maar jy moenie toelaat dat ’n rebelse houding jou verhinder om uit te reik en hulp te aanvaar nie. Selfvertroue en samewerking is die geheime vir toekomstige sukses.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Groepsaktiwiteite en die vorming van sosiale netwerke word vandag beklemtoon terwyl jy jou kontakte uitbrei om ’n nuwe internasionale groep in te sluit. Reis- en studiegeleenthede wink ook op die horison.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.