JOU DAG

Mik vandag daarna om spontaan te wees eerder as roekeloos. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n spontane siel, maar moenie impulsief wees nie. 2019 is die jaar om ’n bestendige koers te kies en daarby te hou. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Mars en Uranus krap jou vurige gevoelens deurmekaar; dus kan die vonke spat. Moenie oorreageer of iets aanvang wat jy later sal berou nie. Streef daarna om dinge met ekstra energie en durf aan te pak. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

As jy agter die skerms strategies te werk gaan en fokus, sal die dag goed verloop. Jy kan jou drome herlaai en jou toekoms herskep. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Hoe meer moeite jy doen met die skep en oordra van jou toekomsverwagtings, hoe suksesvoller sal jy wees.  Een van jou geliefdes het ’n besielende plan; wees gemotiveerd en luister mooi. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy kan nogal befoeterd wees en gemoedskommelings kan vandag voorkom. Bly besig en liggaamlik aktief. Die ergste ding wat jy kan doen, is om verveeld te wees. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die voortvarende Mars verbind met die onverskrokke Uranus in jou avontuursone. Dit is ’n gunstige dag om in die buitelug te oefen, ’n opwindende projek aan te pak of iewers in die boendoe te reis. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie ’n skaam muurblommetjie wees nie. Dis tyd om sosiaal te verkeer. Wat sake-aangeleenthede of gesamentlike geldsake betref moet jy nie oorhaastige besluite neem nie. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Maak seker jy dra jou verwagtings ten opsigte van ’n verhouding duidelik oor aan ander mense, veral aan jou gesinslede. Moenie verskoning maak omdat jy jou mening en persoonlike oortuigings uitgedruk het nie. 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 NOV.

Moenie probeer om ’n onvoorspelbare situasie te beheer nie. Jy’s in die luim om dwarstrekkerig te wees, maar dit kan moontlik tot onverwagte gevolge lei. Sommige dinge moet liewer nie gesê word nie. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES. 

Spring vandag uit jou gewone roetine en doen iets heeltemal anders, want die sterre aktiveer jou avontuurlike sy. Maak seker jy neem ’n kind, vriend of jou maat saam. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Geselsies met gesinslede sal lewendig wees – en onvoorspelbaar. Jy sal jou dalk bedink oor ’n aangeleentheid rakende ’n huishoudelike of  eiendomskwessie. Dis belangrik om al jou moontlikhede oop te stel. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Dit is tyd om proaktief te wees wat jou strewes vir die toekoms betref. Reis en opleiding lyk in die besonder gunstig aangesien jy jou brein verruim om avontuurlike nuwe aktiwiteite in te sluit. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Was jou finansiële situasie wisselvallig – platsak wanneer jy dit nodig het en dan kom geld in wanneer jy dit die minste verwag? Jy sal meer gerus voel as jy ’n tweede bron van inkomste kan ontwikkel. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.