JOU DAG

Positiewe aspekte beloof ’n dag van intense ontmoetings en kragtige ondervindings. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n ingewikkelde persoonlikheid en gedy op uitdagings. Selfvertroue is oor die komende jaar die brandstof wat jou na plekke sal neem. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Werk- en sakeprojekte lyk gunstig, terwyl jy ’n kreatiewe idee of kragtige nuwe strategie uitdink. Leer om te vergewe en vergeet wat ’n gespanne verhouding betref. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dis ’n wonderlike dag vir kuier en netwerkvorming, terwyl jy op die hoogte kom met vriende tuis en oorsee.  Jy is buitengewoon ingeskakel by die buie en behoeftes van dié rondom jou. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die kollig val vandag op jou by die werk of skool. Jy sal nie baie vordering alleen maak nie. Samewerking en netwerkvorming sal jou help om met rasse skrede vorentoe te beweeg. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy is sterk ingeskakel op die gedagtes en gevoelens van ander mense. Gesamentlike waagstukke word bevoordeel terwyl jy kragte met iemand saamsnoer ten einde iets van blywende waarde te lewer. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Lewendige Leeus is nie verlepte viooltjies nie. ’n Kragtige son/Pluto-verbinding kom na vore. Jou persoonlikheid kry ’n mokerhou terwyl jy ander mense met jou sonnige glimlag en positiewe houding verblind. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy is vandag op jou veelsydige beste, terwyl jy nuttige raad aanbied en ’n familielid help om ’n probleem op te los. Of ’n intieme vriend oorreed om hul lewe op ’n diep betekenisvolle wyse te verander. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Oos, wes, tuis, bes geld vandag aangesien jy jou gesin en vriende koester. Dit is hoog tyd om meer goedhartig en meelewend – en minder krities – te wees teenoor jou geliefdes. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Pluto se mag is vandag aan jou kant; benut dit ten beste. Skerpioen-magnetisme sal jou ver bring aangesien jy met ekstra sjarme kommunikeer en ander mense met jou ingebore charisma beïndruk. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die son is tot 20 Maart in jou tuistesone; dus is dit tyd om die kollig op huis en haard te laat val. Takel selfdoentakies wat jy uitgestel het en deel liefde en sorg kwistig aan jou geliefdes uit. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Is jou persoonlike waardes en professionele ambisies gesinchroniseer? Baie selfvertroue sal jou help om vooruit te gaan terwyl jy innerlike kennis met uiterlike sukses balanseer. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Dis tyd om jou passie te vind en dit te volg. Jou huidige motto kom van Oprah Winfrey, wat ook onder die teken van die Waterdraer gebore is: “Passie is energie. Voel die krag wat jy kry deur te fokus op wat jou opwinding verskaf.” 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Visse-sjarme sal jou vandag ver bring, terwyl jy duidelik kommunikeer en jou boodskap met ekstra krag en passie oordra. Jy sal heelwat gedoen kry as jy fokus. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.