JOU DAG

Baie mense sal vandag rusteloos, impulsief en ongeduldig voel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is smaakvol en elegant, en jy hou daarvan om almal om jou te organiseer. 2019 is die jaar wanneer jy moet stadiger oor die klippe en by die wysheid van die stemmetjie in jou binneste inskakel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Oorhaastige optrede of vurige woorde kan julle vandag in die sop laat beland, Ramme. Probeer dus om uit die moeilikheid te bly en hou ’n koel kop op jou Ram-skouers. Boonop moet jy ekstra versigtig wees as jy draf, fietsry of ’n motor bestuur.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

’n Persoonlike of professionele verhouding is onstabiel. ’n Buigsame benadering sal aanpassings vergemaklik. Hoe meer jy die nodige veranderings teenstaan, hoe moeiliker en meer ontwrigtend sal dit wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

As jy rasionele denke met intuïtiewe insigte kombineer, sal jy ’n bedrywige en vrugbare dag ervaar. Maar as jy ’n vinnige, dom besluit neem, kan jy met pap op jou Tweeling-gesig bly sit.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan vandag die onverwagte verwag wat betref vriendskappe, groepsaktiwiteite en die vorming van sosiale netwerke. Stadig dus oor die klippe. Jy kan dit dalk later berou as jy te vinnig op veranderende omstandighede reageer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan dalk vandag sonder die nodige voorbereiding in die kollig gestoot word. Bly kalm, Katte! Moenie huiwer om ander mense om hulp te vra as dinge te spannend raak nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan vandag ’n emosionele wipwarit verwag. Jy moet dus nie belangrike besluite neem wat môre onsinnig sal wees nie. Hou jouself liewer fisiek aktief en geestelik besig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Jy het ander mense aan boord nodig as jy vooruitgang wil maak. ’n Inklusiewe benadering lei tot verbeterde kommunikasie en samewerking. Maar nou ook nie sonder onvoorspelbare chaos langs die pad nie!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n verhoudingsprobleem of gesinskwessie betref, moet jy nie ’n impulsiewe besluit neem wat jy later sal berou nie. Probeer om die situasie op ’n meer gematigde en deurdagte wyse aan te pak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy te traak-my-nie-agtig is in jou benadering – veral wat familielede of werkskollegas betref – kan jy dalk vandag probleme skep. Deurdink dus dinge mooi voor jy voortgaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Geldkwessies lyk onvoorspelbaar; dus moet jy belangrike finansiële onderhandelings uitstel tot ’n ander dag. Maar maak seker jy kan jou by ’n wye reeks van verskillende sienings aanpas.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die wisselvallige Mars-Uranus-vierkant moedig haastige woorde, vinnig ry en impulsiewe dade aan. Maar te veel haas kan tot ’n argument of ongeluk lei. Maak dus seker jy markeer die pas, Waterdraer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe bedagsamer en meer proaktief jy kommunikeer, hoe beter sal die dag wees. Die verhouding met ’n familielid of buurman sal onvoorspelbaar wees; dus moet jy buigsaam wees en jou nie haas nie.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.