JOU DAG

Daar’s vandag geen verskoning vir onkunde nie. Kennis is mag. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Dis maklik om jou te oorreed en jy help graag ander mense. Leer in die komende 12 maande om nie so vinnig op enigiets te reageer nie deur gereeld te ontspan. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Moenie haastige afleidings maak – of ander mense blameer – indien dinge verkeerd gaan nie. Jyself is die enigste persoon wat waarskynlik vandag jou pogings gaan saboteer! Maak seker dat jy navorsing doen voor jy met projekte begin. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy kan ’n gelukkige dag verwag, veral as jy versigtig beplan. As jy bande vorm met ander, buigbaar is en nie aanneem dat jy al die antwoorde ken nie, sal aangename en vrugbare betrekkinge met ander mense volg. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Het ’n intieme persoonlike verhouding ’n rowwe tydjie beleef? Vandag se sterre sal jou help om ou wonde te heel met volwassenheid en goeie kommunikasievaardighede. Moenie die kans laat glip nie. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Saturnus stabiliseer vandag jul intense emosies en maak julle rustig – maar ook net so effens. Moenie oorhaastig raak met ’n ingewikkelde verhouding nie. Neem dinge een ferm tree op ’n keer. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Samesyn en vriendskap word beklemtoon wanneer jy saam met jou geliefdes oor die goeie tye mymer. Jy’s ook in die luim om na ’n rolprent te kyk, musiek te luister of ’n kunsgalery te besoek. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Die planetêre patrone bevorder vandag vriendskappe, romanse, sport, stokperdjies en ernstige gesprekke. Maar – Mercurius en Saturnus aktiveer jou verhoudingsone – dus sal alles beslis nie seepglad verloop nie! 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Werk, welsyn, troeteldiere, gesondheid en hulp aan ander mense word almal vandag bevoordeel.Maar moenie impulsief wees oor ’n gesinskwessie wat heelwat tyd, takt en geduld gaan verg om op te los nie. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Skerpioene bestee baie tyd daaraan om te probeer om mense en situasies te beheer. Jy sal vandag vind dat ’n positiewe benadering – en versigtige kommunikasie – al is wat nodig is om ander mense aan jou kant te kry en saam te werk. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie toegee aan die drang om te veel geld uit te gee nie. Hoe meer gedissiplineerd jy te werk gaan met geld en krediet, hoe beter. Heelwat Boogskutters is in die luim om hul voorsate na te vors en hul stamboom op te stel. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dis ’n goeie dag om jou profiel in die sosiale media by te werk, opwindende nuwe projekte te beklemtoon en op professionele gebied kontak te maak. En is daar dalk ’n familielid met wie jy werklik op die hoogte moet kom? 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Werk en geldkwessies word vandag bevoordeel - veral as jy tyd neem om ’n sakeprojek of finansiële moontlikheid deeglik na te vors. Jy moet egter nie kitsresultate verwag nie. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Dis net die regte dag om jou Vis-seëninge te tel en die goeie ondersteuning wat jy ontvang te geniet. Reik uit na ’n spesiale persoon indien jy eensaam voel. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.